Monday 1 August 2011

Nanindi se eerste tand

Ons het vir die eerste keer weg gegaan met Nanindi en ons het dit baie geniet.  Ek het vreeslik gestres oor hoe Nanindi die lang pad gaan hanteer maar sy was baie rustig in die kar en ek het haar besig gehou met speel goedjies ens. 

Terwyl ons lekker speel oppad Naboomspruit / wildsplaas toe vrydag 29/07/2011 lag sy lekker en daar sien ek dit, haar eerste tand.  Net die puntjie steek uit.  

Uiteindelik op 11 maande kry sy haar eerste tand.  Ongelukkig kan ek dit nog nie af neem nie, want mens kan dit tog amper skaars sien.  Sal maar foto aan heg sodra hy mooi uit is en ek ‘n mooi foto kan neem.

No comments:

Post a Comment