Monday 9 April 2012

Paasfees

Ek het ‘n heerlike dag beplan saam my susters.  Behalwe Shareen want sy spandeer ‘n heerlike tyd in die Kaap.  Kan nie wag om te sien wat hulle alles gedoen het nie en moet sê ek was maar baie jaloers.   Maar het ook ons tyd by die huis saam geniet.
Ek het dit ongelooflik baie geniet om tyd saam hulle te spandeur.
Ek het ‘n skate jag vir Nanindi beplan wat sy nog nie so lekker verstaan het nie maar vreeslik baie geniet het om al die eiertjies op te tel.  Toe sy die groot hasie sien was sy eers bietjie bang om dit te kry tussen die plante, maar sy het dit toe uit gehaal en die oulikste glimlag gegee.  Het ook dadelik die hasie se papiertjies af getrek en sy ore af gebyt.    Almal het ‘n paas eier gekry waar Nanindi ‘n paar van hulle ook beet gekry het.  En sy het dit so geniet
Ons is so geseënd om so ‘n wonderlike verhouding met mekaar te hê en ons susters is ongelooflik na aan mekaar.  Ek is dankbaar dat ek so wonderlike familie het en ook baie dankbaar dat ek ‘n gesin van my eie kan hê.  Hoop julle het ook julle paasfees geniet






My favorite foto

















Sunday 8 April 2012

Wat is die betekenis van paasfees?

Paasfees is ‘n spesiale dag waar ons vier waar Juses Christus uit die dood uit opgestaan het.  Juses is die Seun van God waar hy sy lewe gegee het om vir ons sondes te sterf.  Die derde dag nadat hy gesterf het, twee dae na goeie vrydag.  Die dag wat ons nou vier as Paas sondag (Ook bekend as opstanding Dag of Opstandingsondag) Sy vriende het na sy grag toe gegaan en gevind dat hy opgestaan het ui die dood.  Daar was ‘n engel wat vir hulle gesê het “Moenie bang wees nie ek weet julle soek Juses wat gekrusig is.  Hy is nie hier nie.  Hy het uit die dood opgwek, net soos Hy gesê dit sou gebeur.” Juses het opgestaan uit die dood op Paassondag, nou het HY aan jou die geskenk van die ewige lewe en vergifnis van sondes. Dit is die ware verhaal van Paasfees en hoe dit jou lewe kan verander.  Hier is 4 beginsels wat vertel hoe jy die gawe van God in jou lewe kan ontvang.
God het jou lief
Die Bybek sê, “God het die wêreld so liefgehad dat Hy Sy eniste Seun, sodat elkeen wat in hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê”
Die probleem is dat
Almal van ons het al gesê of gedink dinge wat verkeerd is.  Dit staan bekend as sonder en ons sonde en ons sonde skei ons van God.
Die Bybel sê: “Almal het gesondig en val kort van die heerlikheid van God.” God is Volmaak en Heilig, en ons sondes skei ons van God vir ewig.  Die Bybel sê: “Die loon van die sonde is die dood.”
Die goeie nuus is dat sowat 20000 jaar gelede, het God sy enigste Seun Jesus Christus gestuur om te sterf vir ons sondes.
Juses is die Seun Van God.  Hy het ‘n sondelose lewe geleef en dan om die boete te betaal op die kruis gesterf vir ons sondes. 
Jesus het uit die dood opgestaaan en Hy leef nou in die hele met God sy Vader.  Hy bied ons die geskenk van die ewige lewe – om vir ewig saam met Hom in die hemel lewe as ons Hom as ons Here en Verlosser aanvaar.  Juses het gesê: “Ek is die weg, die waarheid en die lewe niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”
God reik uit aan jou in liefde en wil hê jy moet sy kind wees.  “As almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy die reg gegee om kinders van God te word, selfs aan diegene wat glo op sy naam.” Jy kan kies om Jesus Christus te vra om jou sonder te vergewe en kom in jou lewe as jou Here en Verlosser.
Ek bid:
“Here Jesus, ek glo dat u is die Seun van God.  Dankie dat u vir ons gesterf het aan die kruif vir ons sondes.  Vergewe my sonders en gee my die gawe van die ewige lewe.  Ek vra u in my lewe en hart om my Here en Verlosser te wees ek wil u altdy dien.  Amen”