Monday 30 May 2011

NANINDI INSEENING

Jesus sê in Markus 10:14-16: “laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.  Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.” En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.

Saterdag het ek hard gewerk om lekker eet goedjies te maak en ons plekkie mooi te maak vir die groot dag.  Al ons vriende en familie vir wie Nanindi ook baie beteken, het die sondag oggend 29/05/2011 saam ons kom spandeer en die wonderlike dag saam ons gedeel.
Nanindi het so oulik en pragtig gelyk.  Sy het ‘n oulike pienk rokkie, wit baaitjie, wit kousies en skoentjies aan gehad.  Ons het haar so warm as moontlik probeer aantrek want dit was redelik koud. 

Daai gesuggie van Nanindi toe ons voor in die kerk staan was net te oulik.  Sy is so nuuskierig en haar oë mis niks nie.   Sy het op ‘n tyd nie geweet vir wat en wie sy moet kyk nie.  Toe ons die woorde agter die dominee begin aan sê toe kon ek nie help om trane in my oë te kry nie, ek het hard gesukkel om dit weg te sluk. 

Ek dink so dag is vir enige ouer belangrik en is uiters kosbaar in hul en hul kind se lewe.  Nanindi glo ek gaan nie veel onthou nie, maar dit sal verewig in my hart bly.  En dan kan ek ook nie wag vir die dag tot sy besluit om haarself groot te doop nie.
Ons het die dag baie geniet.  Dankie vir almal wat gehelp het met eet goedjies en dankie vir almal wie die oggend saam ons kom spandeer het.

Foto's om te volg












9 MAANDE

Friday 20 May 2011

Opwinding van my dag

My opwinding vir die dag deur die week is wanneer ek weer vir Nanindi by die dagmoeder kan gaan haal en natuurlik my man by die huis kry. Om daai gesiggie van Nanindi te sien wanneer ek by die dagmoeder kom is vir my so oulik en sy raak so opgewonde as ek daar aankom.  Mens sien net gums soos sy lag. 
Dan is dit ons lang pad huistoe.  Nanindi gesels bietjie en speel bietjie in die kar, dan kom die groot baklei teen die slaap en dan slaap sy soos 'n engeltjie vir so 25 minute.  Dit is gewoonlik ons roetine elke dag.   So nou en dan slaap sy glad nie in die kar nie en dan wanneer dit naby aan haar slaap tyd kom in die aande is sy so moeilik dat ons haar maar partykeer vroeër bad sodat sy net so gou moontlik in die bed kan kom.
Net om my dogter weer by my te hê en soveel tyd as moontlik saam haar te kan spandeer is al wat ek vra.  Want die tyd wat ek haar aflaai by die dagmoeder kan ek nie ophou aan haar dink tot ek haar weer gaan haal nie.  Dit sou natuurlik so lekker gewees het dat ek ‘n huisvrou mamma kon wees maar ongelukkig laat dit lewe van vandag dit nie toe nie. 









MY ENGELTJIE

Nuweling in ons familie



Lian is gebore 13/05/2011
Tyd: 15:29
Kop: 34 cm, Lengte: 53cm Gewig: 3.69kg Apgar: 9/10+
Lian is op 33 weker gebore.  Die rede hoekom hy vroeg gebore is, is omdat Natasha se bloeddruk te hoog was en sy het swangerskap diabetes ontwikkel.  Dit was te gevaarlik vir hom en vir haar dus hoekom hul besluit het om vir Lian vroeër uit te haal.
Hy word gehou in ICU sodat hul hom kan monitor want sy longetjies is nog nie mooi ontwikkel nie.  Hy het ook nou geelsig gekry waar hy nou onder die ligte moet lê
Jammer vir die slegte kwaliteit van foto’s maar dit is al wat ons kan kry omdat niemand toegelaat is in die ICU nie. 








Tuesday 17 May 2011

My eerste moedersdag

Op moedersdag was dit Jeff se beurt om na Nanindi te kyk so hy het vroeg saam haar opgestaan.  Ek het saterdag aand vroeg in die bed gaan klim na al die opwinding van Natasha se ooievaarstee, waar ek toe ‘n 10 ure slaap ingekry het.  Dit sou seker langer gewees het maar ons moes vroeg opgestaan het om ontbyt te gaan eet saam my susters en ma.  Natuurlik toe ek daar wakker geword het, het dit gevoel of ek net 5 ure geslaap het. 
Jeff het my 08:15 kom wakker maak om te hoor hoe laat ons by die ontbyt moes wees.  Ons was natuurlik laat want die ontbyt gaan 09:00 begin.  Ek het opgespring en gejaag om betyds klaar te kry.  Jeff het verder na Nanindi gekyk terwyl ek klaar gemaak het.
Ons het ‘n lekker ontbyt geeët en na die tyd het Jeff en Nanindi my dieretuin toe gevat om ‘n wonderlike dag saam hulle te spandeer.  Dit was vir my so lekker om te sien hoe Nanindi na al die diere kyk en hoe opgewonde sy raak. Sy het self geskrik vir ‘n paar wat bietjie woelig was.  Dit was ook net so oulik oor hoe sy aan die vissies wil vat wat verby haar swem.
Ons het ‘n wonderlike dag saam gehad, ek het dit vreeslik baie geniet.
Natuurlik die wonderlikse geskenk wat ek kon kry is om ‘n mamma te wees vir ‘n wonderlike dogtertjie soos Nanindi.  Net om ‘n mamma te kan wees is ‘n wonderlike geskenk van God af.  Dit beteken vir my ongelooflik baie omdat daar mense is wat ongelooflik baie sukkel om kinders te kry of wat self nie eers kan kinders kry nie.  Ek is een van die gelukkige mense wat ‘n kind kan hê en ek sal my lewe verruil vir niks anders nie.  My lewe is nou heel.
Ek vra elke dag vir die Here om vir Nanindi mooi op te pas, saam met haar pappa dat sy hom ook kan ken en lief hê soos ek.  En ek sê ook baie dankie vir alles wat ons het en vir hoe Perfek Nanindi is.  Dat daar nie enige probleme met haar was nie en dat sy al haar toontjies en vingertjies het en ‘n baie gesonde kind is.  Die liefde wat ek en Jeff deel.  En die liefde wat Jeff vir ons dogter het. 
Ek kan nie beskryf hoe ek oor Nanindi voel nie en om ‘n ma te wees nie.  Om haar binne my te voel groei het en nou om te kyk hoe vinnig sy groei voor ons oë.  Dit is so moeilik vir my om haar te los by die dagmoeder as ek moet gaan werk en my gedagtes is die hele dag by haar.  Dit is moeilik vir my om ons  dae weg van mekaar af te spandeer.  Ek wens so baie dat die lewe anders kon gewees het vir my om ‘n huis mamma te wees.  Sodat ek nie een oomblik van haar lewe mis nie.  Maar ongelukkig in hierdie duur en besige wêreld van ons is dit net nie moontlik nie.  Nanindi het my lewe heel gemaak en kan nie my lewe sonder haar indink nie.  Sy is die beste geskenk waarvoor ek ooit kon vra.
NANINDI EN PAPPA
Kyk net hoe oulik lyk sy in die hoed

Bietjie dors vir water

Nadindi wat die vissies probeer vang as hulle verby haar swem


Monday 16 May 2011

DANKBAAR

Ek is dankbaar om 'n ma te wees.  Daar is nie 'n dag wat verby gaan wat ek besef hoe groot die geskenk is om 'n ma te wees nie.  Ek is dankbaar dat God my toegelaat het om sy kind groot te maak.  Moederskap is iets wat ek niks van geweet het tot ek nou self 'n ma geword het nie.   Dit was defnitief 'n skok op die sisteem, maar ek kan nie onthou hoe die lewe was voor ek 'n ma was nie. 

Vandag is ek baie bly om 'n mamma te wees vir hierdie wonderlike dogtertjie...

Monday 9 May 2011

Natasha se Ooievaarstee

Partykeer kry ons tye waar ons ietsie spesiaals moet reel vir iemand baie na aan ons harte.  En die dag het aangebreek waar ons vir Natasha ‘n ooievaarstee moet reel vir die nuweling in ons familie.  Ons het al die naaste vriende en familie genooi en almal het gehelp met heerlike eet goedjies en om hierdie dag vir Natasha baie spesiaal te maak.  Sy het vreeslik baie geskenke gekry en ek self weet nie wat sy met alles gaan doen nie, sy was omtrent omring deur geskenke.  Dit was ‘n wonderlike dag en alles het goed afgeloop.


Al die heerlike eet goedjies wat ons gehad het en nog ander sout goedjies.
Alana het die lekker Yogurt tert gemaak, Shareen die creamora tert, Erica die cupcakes, ek het die plaas diere Koek gebak, my skoonma het haar lekker appel tert gemaak en Renier se familie het almal sout happies gebring saam met my ma.



Natasha en al haar geskenke