Saturday 23 July 2011

Nanindi is so Slim

As Jeffrey altyd met Nanindi speel, net voordat hy iets met haar doen soos bv. In die lig in gooi of haar begin kielie dan tel hy tot 3.  “Eeeeenn,  tweeeee, drieeee”
Hy hou haar ook vas as hy haar melk houertjie vol maak en dan ook elke keer as hy ‘n skeppie in skep tel hy vir Nanindi.  En terwyl hy so tel en tot hy by drie kom sê sy saam hom drie.  Nou elke keer as ons tel sê sy saam ons drie.  Dit is natuurlik so oulik, want sy kan natuurlik nog nie “r” se nie so haar drie is dlie. 
So dit is eintlik haar eerste woord

Monday 18 July 2011

Oorbelle

Partykeer wonder ek hoekom ons vroumense deur sulke seer en aaklige dinge moet gaan net om mooi te lyk.  Ek het Jeff het uiteindelik saterdag vir Nanindi gevat vir haar oorbelle en my hart was so seer vir haar part.  Ek het gedink oppad na die winkel toe of ons dit nie maar moet los nie.  Maar almal hou aan om te sê dit is beter om dit nou te doen want dit is nie nou so seer vir haar as wat dit gaan wees wanneer sy ouer is nie. 
Nou soos ek lank terug kan onthou is dit ‘n geweertjie wat die oorbel in jou oor in skiet.  Wat dit vinniger maak en dan is dit ook nie so seer nie (of dit is wat almal sê)
Toe ons nou saterdag by die salon aangekom het, het die dametjie nou ‘n ander masjientjie.  Dit lyk ook soos ‘n geweertjie maar hierdie masjientjie druk die oorbel deur jou oor.  Nie skiet nie, DRUK.
Ek wil  nou nie snaaks klink nie, maar dit het vir my maar baie seerder gelyk.   Ek weet nie, dalk as ek mooi sien hoe hul dit doen met ‘n geweertjie wat dit in skiet sal ek miskien my mind verander.
Ek het toe nou bietjie verder gaan kyk op die internet en gesien dat die is nou ‘n  nuwe masjientjie op die mark.  Blykbaar baie beter
The 3000 Squeeze Cartridge ear piercing instrument adds a new degree of flexibility to the cartridge ear piercing system. You can now maintain one inventory of ear piercing cartridges, and choose to use a squeeze through ear piercing instrument or a spring activated instrument.
Many ear piercing technicians may have been originally trained with a competitors squeeze style piecing instrument or may just prefer the added control and the quiet operation of a squeeze ear piercing gun. The Model 3000 Squeeze Ear Piercing Instrument is very simple to use. Simply load the ear piercing cartridge, align the point of the ear piercing stud with the mark on the ear lobe, and squeeze. The ear will be pierced and the earring clasp will be attached in one smooth and quiet operation.
Ek weet nie of dit is omdat ek gesien het hoe hul my kind seer maak dat dit nou vir my net soveel erger is nie.  Presies hoe daai oorbelletjie in haar oortjie in gedruk word, ouch, eina.  
Nanindi het vir ‘n halwe minuut gehuil en toe gee sy die meisie ‘n “death look” en toe is sy verder reg.  Sy het opghou huil en weer dadelik haarself.  Maar ek kon dit nie help om nogsteeds sleg te voel daaroor nie en haar oortjies was sommer dadelik rooi.
Siestog ek het my kind net so jammer gekry.  Maar uiteindelik is dit nou verby en al wat ons nou moet doen is dit mooi skoon hou en gesond hou.  Sy het darm nog nie ‘n allergiese reaksie gekry of iets nie so alles lyk nog mooi.  Ons het ‘n sterretjie vorm gekies want die meisie het gesê dit is makliker om te draai.
Sy lyk tog maar baie mooi
Ek is jammer ek het my kamera ook vergeet
Hier is ‘n foto van die geweertjie en die oorbelle (pakkies waarin dit kom)