Tuesday 19 April 2011

Rede vir my Blog

Ek het verlief geraak op ‘n paar blogs en ook Blair se blog wat sy vir haar dogter maak. En dit is nou die rede hoekom ek ook besluit het om een te begin. Ek moet bevestig dat ek is nou nie 'n skrywer nie en my spelling is maar sleg.  Ek het gewonder of ek dit nie maar liewers in engels moet doen nie want my spelling in engels is net soveel beter en dit klink ook net soveel beter.  Dit is 'n skande ek weet.  Maar ek het tog besluit om dit in afrikaans te doen want ons is tog afrikaans is ons nie?

Hierdie blog is gemaak om die stories te vertel van Nanindi en al die dingetjies wat sy doen en hoe sy groot word en groei. Dit is amper soos 'n internet scrapbook. So hierdie blog is vir Nanindi om alles te lees van haarself en ons familie.

Ek begin nou bietjie te laat met my blog, maar ek sou vroeër begin het as ek geweet het dit is so maklik om een te begin.  Maar glo dat die meeste goedjies wat ek nou kan laai sal saak maak