Monday 23 July 2012

Ons eerste dokters afspraak

Vandag was ons eerste sonar by ons Dokter Dr. Seris.  Ek en Jeff was altwee baie opgewonde.  Alles lyk sover goed vir die dokter en hy sal die volgende keer kyk wanneer die babatjie bietjie groter is as hy enige iets verkeerd kan sien.  Die hartjie klop 167 keer per minute en is 33.9mm lank.  Dit wys ook dat ek 10 weke 2 dae swanger is.  My verwagte datum is 13/02/2013.  Dit was weer amazing om die hart kloppie te hoor en het sommer trane in my oë gesit.   Dit is ‘n lekker gevoel om weer swanger te kan wees.  Ons volgende afspraak is 28/08/2012 kan nie wag nie.  Hier is ook die sonar foto’s wat ons kry, die dokter neem maar eintlik slegte foto’s meeste van die tyd.  Weet hier is peanut nog maar baie klein so hopelik sal ons beter foto’s kan kry wanneer die babatjie groter word.
Hoe ek voel:  Ek is ongelooflik baie moeg en die naarheid is nogals erg.  Ek het glad nie met Nanindi morning sickness gehad nie so ek dink hierdie keer sal ek dit seker dubbel so erg kry, hahaha.  My borste is natuurlik ook baie seer maar verder voel ek maar nog baie normaal.  Al wat ek weet diep binne my is daar baie aktiwiteite wat binne my gebeur en die babatjie groei met ‘n spoed.  Jeff help my baie uit met Nanindi en die dae wat ek regtig baie moeg is laat hy my vroeër in die bed klim en hy sal vir Nanindi in die bed kry. Hy help ook baie uit in die huis wat ek ongelooflik baie waardeur.