Thursday 20 September 2012

Ons derde dokters afspraak

Vandag was ons derde afspraak by ons dokter.   Ek het bietjie gemoan oor my heupe, bene en rug wat so seer is.  As ek lank op my bene is voel dit asof my rug vasknyp en dan sukkel ek om te loop of om te slaap want dit is ongelooflik seer.  Die dokter het gesê dit is maar baie sleg dat ek al so vroeg begin klaar daaroor maar daar is ongelukkig niks wat die dotker vir my kan doen nie.  Al wat hy kan voorstel dat ek dalk ‘n rugstut kan kry wat sal kan help met support op die rug.  Die dokter het ook vir my gesê dat ek sal kan normaal kraam as ek dit hierdie keer wil probeer.  Dit gaan net bietjie meer “intense” wees.  Soos byvoorbeeld as hulle ‘n vrou want nog nie ‘n keiser gehad het nie elke 4 ure check vir hoe vêr sy ontsluit is ens. sal hulle my elke 2 ure check.  En as ek in ‘n seker tyd nie kraam nie sale k ‘n keiser moet kry.  Ek sal dus nou maar nog moet besluit hoe ek voel daaroor en wat ek wil doen.  Om eerlik te wees is ek bang vir die normaal kraam, maar die beste is om eers te besluit nader aan die tyd.  Sodat ons eers kan sien hoe groot sy is ens. 
Ons het ook bevestig dat dit verseker nog ‘n baba sussie is.  Sy weeg nou R263g en die dokter kon nie haar lengte sien nie omdat sy nou al te groot is om dit te kan meet.  Die dokter kon nie mooi haar gesuggie sien nie, maar hy het gesê hy sal die volgende keer bietjie mooier probeer kyk as daar dalk ietsie verkeerd lyk.  Maaar verder lyk alles sover baie goed.  Vandag wys dit ek is 18 weker 4 dae.
Ek het ook vandag my bed gaan boek by die hospitaal en die 4D sonar scan wat ons by die hospitaal moet book.  Ons afspraak vir die 4D sonar is 5 Desember 09:00, ek sien so baie uit daarvoor.
Hoe ek voel:  Ek het defnitief nou al ‘n pensie wat uit steek maar voel die mense kyk my nogsteeds snaaks aan.  Voel nou dit lyk asof ek net ‘n vet maag het, maar tog weet ek dat ek swanger is.  Die moegheid het nie verbeter nie, ek probeer by die gym uitkom maar om eerlik te wees is ek maar eintlik bietjie lui en het hopeloos te veel goed wat ek by die huis moet doen.  Ek dink dit sal help as ek dit meer doen en dan sal dit ook help dat ek nie te veel gewig optel met my swangerskap nie.  Sal baie hard probeer om daarby uit te kom.  Verder voel ek baie goed.  Kan verseker voel dat dit is nie net my magie wat nou groter word nie.  Ek voel ook baie vinniger uitasem veral as ek dalk moet trappe klim ens.  Die sooibrand het ook defnitief vroeër begin as toe ek swanger was met Nanindi.  Nanindi is baie na aan my en sy gee bietjie meer aandag aan my as wat sy gewoonlik gedoen het, nou weet ek nie as dit dalk is omdat ek swanger is nie.  Sy wil nou hê mamma moet meer goedjies vir haar doen as pappa.  Ek gee natuurlik nie om nie want dit gee my en haar baie meer tyd saam om dingetjies saam te doen, ek geniet elke oomblik.   Ons het ook die laaste paar naweke baie troues gehad so elke keer moes sy by Ouma Barbara of Oupa Leon gaan kuier het wat hulle ook natuurlik baie geniet.  Kan die volgende oggend nie wag om haar te gaan haal nie, mis haar sommer vreeslik. 



Saturday 8 September 2012

Nanindi se verjaarsdag partytjie

So lekker vandag gekuier saam die vriende en familie en Nanindi het haar gate uit geniet.  Ons het lekker gelag want Lian het die hele tyd almal se suigstokkies op geëet.  Natasha het haar beste probeer om dit van hom weg te hou maar wanneer mens weer gesien het, het hy iewers een gekry.  Steven en Jeff het die heerlike potjie kos gemaak saam ‘n baie lekker pot brood. 

Ek het vir Nanindi cup cakes gemaak saam 'n mooi ballerina koek

Sy het mooi geskenkies gekry en almal het gelas om Nanindi se kamer oor te doen.  Sal begin in die week, Jeff gaan more kyk vir Nanindi se bed






Ons suigstokkie eter
 Carolize

Luca

Verjaarsdag meisie

Ava


Saturday 1 September 2012

Alana se troue

Ons het vandag Alana se troue gehad.  Sy het ongelooflik mooi gelyk en alles was ‘n groot sukses.  Ons almal het die onthaal vreeslik geniet en almal het baie lekker saam gekuier.  Ons ouma van Namibia het ook gekom vir die troue en Danie van Upington wat dit ook saam baie spesiaal gemaak het.  Nanindi was ook ‘n blomme meisie gewees waar sy ook so oulik gelyk het.  Toe ons na die kerk toe geloop het, het ons bietjie verkeerde pad geloop en ek moes vir Nanindi gedra het ook.  Ek het toe op ‘n trappie op geklim en OEPS daar trap ek ‘n gat in my rok nog voor die hele storie begin het.  Darm kon mens dit nie sien nie.  En toe ons nou voor die deur staan by die kerk en wag vir die deure om oop te gaan sien Nanindi die dammetjie en sy wil toe nou by die water gaan speel, toe moet ek nog agter haar aan hardloop vir ons om in die kerk in te gaan. 
Ek sal bietjie mooier foto’s opsit sodra ons dit kry.
Ek moes toe ‘n speech doen op Alana.  My hard het gevoel as dit uit my bors wil uitklim en so gewens ek moes dit nie doen nie.  Nie omdat ek nie op Alana wou speech nie maar net omdat ek nie hou daarvan om voor ‘n hele klomp mense te praat nie.  Ek het gesukkel om te besluit om te sê en het besluit om bietjie grappies in te sit sodat dit kan help dat ek nie huil nie.  Ek was so bang dat niemand vir my grapperige aanmerkings sal lag nie, maar darm het almal.  My speech:
“‘n Huwelik is harde werk.  Mense wat net begin as pasgetroudes moet bewus wees daar gaan bakleiery wees, moontlik oor stupid goedjies. Dit beteken nie dat jy verlore is nie.  Dit beteken dat jy is normaal.  Wat ookal probleme jy het, groot of klein, werk saam om daardeur te werk.  Sê dankie.  Sê ek is lief vir jou.  Hou hande vas.  Kyk na jou trou foto’s op jou huweliksherdenking.
Moet nie bang wees om te erken jy is verkeerd nie, self wanneer jy nie is nie.. Oefen simpatie.  Weerstaan hartkoppigheid.  Moet nie kwaad gaan slaap nie. Kry ‘n stokperdjie wat jy alleen doen.  Dit is soms ok om dinge op jou eie te doen.
Moet nie vergeet hoekom Righard op jou verlief geraak het nie.  As dit vir jou sin van humor was, werk altyd daaraan om snaaks te wees.  As dit jou verstand is, hou aan lees.   As dit jou hot body is, wel eventually is jy screwed.  Werk op onverwagte maniere.  Kook selfs al is dit nie jou ding nie, neem die vuilgoed uit once in a while al is dit dalk Richard se werk. 
Spasie is goed, om goed weg te steek is nie. Luister, vertrou en compromise.  Maak ‘n besluit om waar te wees en getrou, en leef in so manier dat Richard dit nooit sal twyfel nie.  Wees gewillig om te praat deur middel van al julle verkille, die man het gewoonlik die finale sê, in alle besprekings deur die feit dat hy ‘n man is.  Sy finale sê sal gewoonlik wees “ja liefie”
Die grootste deel van liefde is nie die woorde wat jy op jou troudag sê nie.  Die grootste deel van liefde is, die woorde wat jy sê oor die loop van julle lewe. Liefde is ‘n mislukking as ‘n selfstandinge naamwoord, dit werk net as ‘n werkwoord.  Dit werk net wanneer jy lewe in asem.  Die staar in mekaar se oë verdwyn.  Jy kry ‘n nuwe werk, julle kry kinders, jy moet die gras sny en die wasgoed doen. Enige ding wat ‘n huwelik maak is tyd.  Al die goeie dinge wat jy doen met die tyd en die manier waarop jy leer om saam te werk.
Die grootste deel van om verlief te wees met iemand is om jouself te herinner dat jy hom liefhet.  Onthou dat jy hom lief het.  Onthou dat dit die mees belangrikste taak wat jy ooit sal hê en mislukking is nie ‘n opsie nie.  Om mense teleur te stel is ‘n verskriklike gevoel maar om hulle trots te maak is amazing.  Probeer dit in gedagte te hou as jy keuses moet maak. 
En die balangrikste in jul Huwelik moet wees ons Almagtige God.  Julle is ‘n span.  Baklei regverding.  Hou jou oê daarop om doelwitte te bereik.  Onthou om ,om te gee waaroor hy omgee.  As hy verlore raak, staan stil.  Hy sal weet hoe om jou te vind.  Sien daarna uit vir julle 65-jarige herdenking.
All else aside, as daar een sleutel is vir ‘n gelukkige huwelik sal dit wees: moet nooit alleen gaan stort nie.
Alana, ons het soveel van ons lewens met mekaar gedeel.  Ek is so geëerd om hierdie dag saam julle te deel.  Van vandag af sal jy begin om ‘n lewe te deel saam Richard.  Jy het hard gewerk om hierdie dag ‘n sukses te maak en dit is alles perfek.  Jy lyk soos ‘n prinses.  Ongelooflik lief vir jou.
Op Alana…"

Baie geluk sussa, hoop julle al die beste voorentoe

Love you

Jeff en Danie





Nanindi dans die dans vloer aan die brand

Nanindi shake dit bietjie saam oupa

Ek en Jolandie

My DAD

My Oumsie en Mamsie

Shareen en Marius

Die 3 susters

Die vriendinne
Antionette en Hugo