Monday 2 January 2012

Vakansie by die see

Alana hulle het ons genooi om saam hulle Jeffrey’s baai toe te gaan.  Ons het besluit dat dit lekker sal wees om bietjie te gaan, dit sal my en Jeff se eerste vakansie wees in 3 jaar en natuurlik Nanindi se eerste keer by die see.  Die meeste waarna ek uit gesien het was om vir Nanindi by die see te sien en haar gesiggie te sien as sy die see en al die sand sien.
Ons het 17/12/2011 04:30 gery.  Jeff het ongelukkig nie saam ons gery nie want hy het nog werk gehad om te doen.  Hy het vir ons gesê ons moet solank af gaan see toe en dan sal hy af vlieg.  Dit was glad nie lekker om sonder hom te ry daai oggend nie en ek moet sê ek het ook gehuil in die kar baie saggies sodat niemand my sien nie.  Mens is al so gewoond daaraan om alles saam te doen, dat dit net so verkeerd voel as mens iets op jou eie doen.
Ek was ook bietjie uit gestress oor Nanindi en hoe sy die lang pad gaan hanteer.  Dit sal natuurlik die eerste keer ook wees dat sy so lank ry.  Ons het darm gereeld gestop sodat sy haar beentjies kan rek en as sy moeg geraak het, het sy ook geslaap.  Ek het haar maar jammer gekry want die lang sit voel natuurlik vir haar baie langer as wat dit vir ons voel.  En ongelukkig kan ek haar nie uit haar stoeltjie uit haal terwyl ons ry nie, dit is net hopeloos te gevaarlik. 
Elke keer as ons gestop het, het sy nie geloop nie maar die hele plek rond gehardloop.  Ek dink sy was tog net so bly dat ons gestop het en dat sy haar bene kan rek dat sy nie enige iets anders kon doen as hardloop nie.
Voor ons gegaan het, het ek vir haar pilletjies gekry wat haar rustig maak vir as sy dalk bietjie geirriteurd of moeilik raak wat ook baie gehelp het.  Maar sy het die pad baie goed hanteer ek het dink ek het die  ergste verwag.  Want ek het altyd hierdie stories gehoor van hoe erg dit is om met ‘n babatjie te travel en ek moet sê vir my was dit ‘n lekker trip.
Ons het in ‘n verskriklike nice huis gebly.  Wie almal af gery het is: Ek, Nanindi, Alana, Richard, Pa Leon, Eric en Erica.  Jeff het ons eers Dinsdag 20/12/2011 by die see gekry, hy het Port Elizabeth toe gevlieg en Eric het hom daar gaan optel.  Tanie Estelle het ons maandag 19/12/2011 gaan optel by die bus stop gekry in Jeffrey’s baai.  Sy het saam haar suster hulle eers Kaap toe en George toe gegaan en on seers deur gevlieg Jeffrey’s toe om ons daar te kry. 
Ons almal het baie lekker gekuier en tyd saam mekaar spandeur. 
Ons het eers laat die 17de die aand daar aangekom en toe het ons nog nie kans gesien om strand toe te gaan nie.  Ons almal was bietjie moeg gery en almal het maar vroeg uit gaan slaap
 Toe ons vir Nanindi strand toe vat die volgende dag het sy dit baie geniet.  Ek dink nie sy het regtig besef wat dit is nie, omdat sy nog so klein is. Maar sy het die see vreeslik baie geniet.  Die eerste keer toe sy haar voetjies in die water gesit het, het die kleinste golfie haar om gestamp.  Ons het so lekker gelag vir haar want dit het gelyk asof die golwe haar baie deurmekaar maak.
Toe die eerste golf kom het ek haar nie vas gehou nie want ek het nie gedink dat sy sal omval nie, maar sy het.   Shame, dadelik was die helfde van haar koppie onder water.  Het haar vinnig gegryp want ek weet hoe kan die sout water jou neus en oë brand.  Hoekom ek sê dit gelyk het asof die golwe haar deurmekaar maak is, as die golwe na haar toe kom dan loop sy uit, dan lyk dit as sy terug na die strand se kant toe loop, maar sodra die golwe weer terug trek see toe dan begin sy weer see se kant toe loop.  Ek het haar die hele tyd vas gehou, maar moet sê sy het my ook na ‘n rukkie deurmekaar gehad.  Sy het die see so vreeslik baie geniet.  Ons het gesukkel om haar daar uit te kry.   Sy het net so lekker in die sand gespeel en miskien so een of twee happies probeer vat om te kyk as die tweede keer se proe nie beter gaan wees as die tweede een nie.  Sy was na ‘n rukkie ons klein bonneltjie sand, want dit is hoe sy gelyk het.
En dit was Jeff wat haar die hele tyd in die water gevat het, want ek voel natuurlik glad nie gemaklik om met ‘n bikini te sit nie en het net nog nie vir my die perfekte een stuk swembroek gekry nie.   Voel nie gemaklik nie.  So ek het ook geen tan gekry nie, want ek het al ons strand dae in klere spandeur.  Wou dit nie waag om hierdie lyf in ‘n bikini te sit nie, ek sal al die mense van die strand af jaag.
Ons het maar probeer om so veel as moontlik met Nanindi te doen, want by die huis waar ons gebly het, was daar nie regtig veel van iets om te doen vir haar nie en natuurlik was al die speelgoed by die huis.  Sy hou vreeslik baie daarvan om rond te loop so Jeff het baie met haar in die oggende gaan stap.  Sy loop die aftraande en Jeff dra haar die op traande op. 
Ons het kersdag saam Richard se familie spandeer wat vir ons vreeslik lekker was.  Ons almal het vreeslik lekker geëet en soos gewoondlik ons ooreet.  Daar was so baie kos, dit is moeilik om te onthou wat ons almal geeet het. Vir voorgereg Prawn cocktail en Crab sticks.  Vir die hoofgereg het ons, 4 verskillende vleise, ‘n vreeslik lekker pampoen tert (as ek myself nie gekeer het nie, sou ek seker die bak by myself op geeet het) soos poeding geproe.  Aartapel gereg. Verskillende slaaie, mengel slaai, brokolie slaai en kool slaai.  Poeding was daar vla, trifle en roomys (en ek wou nog van die pampoen tert eet vir poeding)
Ons het natuurlik ook al die mense wat nie saam ons daar kon wees nie vreeslik baie gemis en ek het heeldag aan almal gedink.
Ons het vir die kinders kers geskenke uit gedeel en Nanindi het meer die seuntjie (Richard se niggie se kind) se speelgoed gehou as haar eie.  Sy hou vreeslik baie van ‘n karretjie.
Ons het maar probeer om so veel as moontlik op die strand te kom en as ons nie op die strand was nie, maar in die mall rond gehang of maar by die huis.  Dit is maar bietjie moeilik met Nanindi partykeer, want in ‘n besige plek soos die mall wil sy verseker nie slaap nie want daar is net te veel goed en mense om haar en dan as sy moeg is raak sy baie moeilik.  En nie almal verstaan altyd nie.
Ons het die 27ste weer terug gekom.  Ek en Jeff het weer terug gery en Nanindi het saam Tanie Estelle terug gevlieg.  2 ure in ‘n vliegtuig is beter as 14 ure in ‘n kar.  Ons was nou ongelukkig nie daar om haar eerste vlug in ‘n vliegtuig te ondervind nie, maar tanie Estelle het gesê sy was rustig en toe hulle in die lug was het sy geslaap. 
Ons vakansie was wonderlik en het dit vreeslik baie geniet saam ons familie.





Sunday 1 January 2012

Jeffrey's Baai Kersfees huis

Toe ons in Jeffrey’s Baai was, het ons na ‘n huis gaan kyk wat ‘n tanie opgemaak het vir die kerstyd.  Sy samel geld in vir die onbevoorregte kinders.  Sodra die son af gaan, kom die liggies aan en sy sit voor haar huis met ‘n kersfees pak aan en verwelkom al die kindertjies wat  na die huis kom kyk.  Sy laat hulle op haar skoot sit en vir haar vertel wat hulle soek vir kersfees en elkeen kry ook sweetjies.  Dit is so oulik