Ek dink dit was ‘n suksesvolle dag. Dit was so lekker om te sien hoe Nanindi saam haar maaitjies speel en sy het dit so ongelooflik baie geniet.
Sy het so baie geskenkies gekry by al die maaitjies en vriende. Ons het vir Nanindi haar partytjie rokkie aan getrek wat Tanie Shareen vir haar gekoop het. Hulle het lekker onder die boom gesit en hulle eet goedjies geëet en met die balonne gespeel. Ek het vir haar ‘n Winnie The Poo koek gebak en haar eie koek sodat sy haar handjies daarin kan druk, die maaitjies het sommer ook ingespring en hulle handjies daarin gedruk.
Nanindi het natuurlik meer daarvan gehou om haar voetjies daarin te druk as haar handjies. Ons het vreeslik lekker gelag en die een maaitjie Janco het verskriklik bekommerd gelyk omdat Nanindi haar voetjies daarin druk. Wat vir my ook vreeslik oulik was, toe ons vir Nanindi geluk met haar verjaarsdag sing toe dans sy saam terwyl ons sing.
Al die maaitjies het vreeslik lekker gespeel en lekker geëet. Maar wat tog die belangrikste was is dat Nanindi dit geniet het.
Dankie aan al die mense wat daar was en die dag vir haar en ons spesiaal gemaak
En om nog iets by te sit, Nanindi loop vandag op haar eie. Sy het nie meer iemand se vinnger nodig om te loop nie, sy het bietjie meer self vetroue gekry. Maar soek nogsteeds nou en dan ons vinnger sodat sy vinniger kan loop.
Winnie The Poo verjaarsdag koek |
Lekker cupcakes Blou is bubblegum flavor Pers is Grape Flavor Pienk Strawberry Flavor |
Tafel met verjaarsdag pakkies |
Nanindi se nuwe fiets wat sy by Ouma Barbara en Oom Steven gekry het |
Speel saam maaitjie Luca |
Al die kindertjies by die lekker eet goed tafeltjie |
Nanindi eet die caramel van haar cupcake |
Nanindi verstaan nog nie so lekker wat nou hier voor haar neer gesit is nie |
Nanindi wat haar voete in die koek in druk |
Die maaitjies wat kom inspring en help |
Nanindi se voete |
Nanindi maak geskenkies oop saam met Pappa |
So baie geskenke |
No comments:
Post a Comment