Thursday 30 August 2012

TWEE

My kosbare klein meisie word twee vandag.

Vier en twintig maande van haar in ons lewens.  Ek weet ek sou nooit sonder haar deur hierdie reis gegaan het nie.  Sy is reeds sterk, onafhanklik en vreeslik oulik.  Eienskappe wat ek so groot bewonder en hoop sy sal dit saam haar dra in haar lewe.

Sy is ‘n daper meisie, met ‘n glimlag wat my hart smelt elke keer as sy dit na my kant toe gooi.

Die manier wat sy het om te sê mamma, maak daai woord so soet al word dit in die laat aande geroep.  Sy is sag en is lief vir niks meer as baba poppe en teddy’s en haar nuwe hondjie “Botha” wat sy en Pappa saam die naam uitgedink het. Sy is baie lief vir my en haar pappa en haar Ouma’s en Oupa ook.  Haar pa is haar held.  Sy is sy skaduwee agter hom en na-aap elke beweging van hom.

“Mamma Kyk” sê sy ‘n klomp keer om ons te beindruk met die dinge wat sy gevind het.
Haar oë vonkel as sy sing en dans. 

Ek voel so gesëend om hierdie kosbare siel se ma te wees en hoop dat wanneer sy oud genoeg is om te verstaan, sy dink ek waardig is van die taak.

Nanindi, ek is dankbaar elke dag om jou as my dogter te hê.
Gelukkig verjaarsdag my popelopie
Mamma is baie lief vir jou


Tuesday 28 August 2012

Ons tweede dokters afspraak

Vandag was ons vir ons tweede dokters afspraak om te kyk as alles reg is met ons nuwe peanut.  Die dokter het gesê alles lyk reg en babatjie lyk gesond en groei nog sover reg.  Die hartjie kloppie was 154 slae per minuut wat normaal is.  En die lengte het verdubbel amper vertrippel na 97.1 mm. Dit wys ook dat die gewig is nou 128g, shoe maar baie klein.  Ek was baie nuuskierig om uit te vind as die dokter dalk die geslag kan sien, hy het probeer kyk maar die babatjie knyp die beentjies toe.  Maar hy het gesê dit lyk dalk miskien soos nog ‘n dogtertjie maar hy sal eers dubbel seker wil maak met die volgende afspraak voor ons nou begin pienk goedjies koop.  Ons het vinnig haar gesiggie gesien en dit het sommer my hart  vinniger laat klop.  Ek het ook op 28/08/2012 die downsindroom toetse en bloedtelling toetse gaan doen en die dokter het bevestig dat alles lyk op die toetse normaal en dit is nie nodig om enige verderde toetse te doen nie.  So bly alles is nog reg. Dit wys dat ek is vandag 15 weke en 4 dae. Ons volgende afspraak is 20/09/2012.
Hoe ek voel: ek dink ek is nou oor die ergste deel wat die naarheid aan betref.  Ek tel op dat daar ‘n paar ure kan verby gaan sonder dat ek siek voel. Ek tel versker gewig op en dink my borste weeg die meeste, hahaha.  Maar ek voel al bietjie beter wat die moegheid aan betref maar ek bly maar nog baie moeg.  Ek is darm nou al in my tweede trimester so hopelik sal die energie beter word.  Ek sukkel klein bietjie met my rug en kan nie te lank staan nie anders begin dit later voel as my rug vasknyp.  Dit is maar moeilik om dit rustig te vat met ‘n kleintjie in die huis maar ek probeer my beste om dit so rustig as moontlik te vat.  Ek sukkel ook baie met hoofpyn maar het gelees dit is normaal in swangerskap.  Ek het al beweging gevoel maar baie klein gevoel.  My magie begin ook al wys.


Wednesday 1 August 2012

Nanindi se verjaarsdag beplanning

Naninde se verjaarsdag is om die draai en die groot beplanning vir die verjaarsdag partytjie is aan die gang.

Vandag het ek die verjaarsdag uitnodigings uitgestuur.  Ek het besluit op ‘n ballerina tema.  Hoop en glo alles werk uit soos ons beplan.  Ek het meeste net familie en 'n paar vriende genooi.  Volgende jaar sal dit net meeste maaitjies wees, wanneer Nanindi meer sal verstaan.

Ons het gevra dat almal 'n geldjie kan las sodat ons haar kamer kan oor doen.  Sy word nou te groot vir haar kot en kort nou 'n groot bed om lekker te kan slaap.