Monday 7 November 2011

Lank terug geskryf

Ek weet ek het lank terug geskruif, maar om eerlik te wees daar het net nie veel gebeur die laaste ruk nie.  Ons was meeste van die tyd by die huis gewees en so nou en dan weg geglip om te gaan uit eet ens.  Maar verder is ons maar boring by die huis.  Ek dink ons is tog net te moeg om enige iets te doen.  Die jaar raak nou lank en ons wil so graag net op verlof gaan sodat ons bietjie kan rus kry.  Ek tel al die dae af soos die weke verby gaan tot ons verlof. 
Ons het beplan om op vakansie te gaan Kaap toe, maar toe het ons besef dit gaan ons hopeloos te duur uit werk.  Dit is een van my vriendinne Eloise se troue  18/12/2011.  Ek wou so graag daar gewees het maar ongelukkig werk op planne net nie so uit nie.  Ek wil so graag vir Nanindi see toe vat want ek dink sy sal dit so ongelooflik baie geniet.
Verder het ons Alana hulle se dak nat gehad waar hulle ‘n lekker kuiertjie gereel het op 22/10/2011. En Nicolize se lang gewagte ooievaarstee gehad op 29/10/2011 waar sy so ongelooflik baie en mooi goedjies gekry het.  Op altwee tye het ek my kamera vergeet so sal probeer om foto’s te kry by hulle en dit op die blog sit.
Verder is ons maar heel rustig.  Wens ons kan maar iets kry om te doen jong. 
Jeff gaan hierdie naweek bietjie weg saam sy golf span, so ek en Nanindi is home alone by die huis.  Ek is natuurlik te bang om alleen by die huis te bly so ek en Nanindi gaan bietjie die naweek by Natasha gaan af pak.  Beplan ‘n heerlike naweek waar ons die kinders bietjie na die kinder plaas toe gaan vat en nog baie meer.  Wil vir Nanindi kry om bietjie te gaan speel, sy is nou ‘n lekker besige dogtertjie en wil so graag die wêreld ondek.  Wil haar graag iewers heen vat waar sy  kan speel en klouter soos sy wil.
Oupa Leon het gister vir Nanindi haar klimraam wat hy spesiaal vir haar gebou het kom aflaai by ons huis.  Sy wil heeldag net swaai en sodra jy haar afhaal, huil sy.  Sy wil vir ure lank net daarop speel.  As jy haar uiteindelik af kry, sal sy ‘n rukkie iets anders doen en speel en dan weer by die swaai gaan staan sodat ons haar kan optel sodat sy weer kan swaai.  Dit is iets wat sy darm baie geniet.