Thursday 18 October 2012

Ons vierde dokters afspraak

Vandag was ons 4de afspraak by die dokter, vandag is ook Oupa Leon se verjaarsdag.  Die dokter het vandag bietjie meer langer gevat met die sonar en presies alles mooi gekyk om te sien dat alles reg lyk en groei.  Die rugstring lyk 100% en hy kan ook 4 hart kamers sien en sien ook nie enige afwyking nie.  Die hart kloppie was 155 keer per minuut wat normaal is.  Ons het vandag darm bietjie beter foto’s gekry, een van die arm en elmboog saam die handjie en die ander een ‘n been en voet.   Sy weet al 542g.  Die dokter kon weer nie mooi na haar gesuggie kyk nie want die onderste deel was bietjie weg gedraai maar soos hy probeer kyk het, kon ek dit baie mooi sien, ek kon haar gesuggie en haar klein neusie so mooi sien.  Ek voel haar ook gereeld beweeg en dit maak my ook altyd gerus voel alles is nog reg.  Dit is so wonderlik.  Maar die dokter het gesê sover lyk alles nog mooi en perfek. 
Hoe ek voel:  Elke keer na ‘n sonar afspraak voel ek sommer baie goed, net om te weet dat alles gaan goed en babatjie groei goed.  Ek het opgetel dat my tandvleis baie geswel is en bloei as ek dit borsel, maar het van tande borse verander en spoel my mond gereeld, het opgetel dat dit defnitief gehelp het.  My neus het ook gebloei al ‘n paar keer, maar ook gelees dit is normaal. Ek het bietjie van ‘n verkoue gehad en dit is ook baie warm, so dit kan baie te doen wees daarmee ook.  Omdat ek nou ook begin gewig optel word ek maar klein bietjie emotioneel maar weet alles is normaal en ek moet gewig optel vir die babatjie.  Ek probeer maar so gesond as moontlik eet, maar kroek maar so nou en dan.  Die emosies het ek opgetel kan bietjie spring van een gevoel na ‘n ander, maar ek probeer ook baie hard om dit onder beheer te hou.


Hier is die arm, elmboog en handjie


Voetjie en onder been