Tuesday 9 August 2011

Nanindi gaan een van die dae loop

Ek en Jeff het hierdie naweek met Nanindi buite op die gras gespeel.  Ek en Jeff het heen en weer van mekaar gesit met ‘n breek tussen my en hom.  Jeff het dan vir Nanindi vas gehou en dan het ek my hande uit gesteek om haar te motiveer om na my toe te loop.  Sy kyk mens eers aan met ‘n groot glimlag en ‘n gesiggie van twyfel.  Maar wanneer sy dan die vertroue kry en weet ons is daar om haar te vang wanneer sy val  vat sy die groot stap.  Ons hou maar nog ons hande naby haar lyfie vir wanneer sy net besluit om dalk haar balans te verloor.  En dan so gaan ons aan, heen en weer loop sy van my na Jeff en van Jeff na my.  Dit is so oulik en sy hou vreeslik baie van hierdie speeletjie.
Ek sien sy begin ook nou bietjie die kansies vat binne die huis, as ons dalk in die sitkamer is sal sy dalk van die een bank na die ander loop of dalk van die bank na die koffie tafel.  Dit is vir my wonderlik om te sien hoe sy presteur en al die mylpale wat sy bereik maar dit maak my eintlik ook so hartseer dat sy net te vinnig groot word (Snik-Snik)

No comments:

Post a Comment