Monday 8 August 2011

Dagdroom vir 'n nuwe familie kar...

Ons was so twee weke terug vir die eerste keer weg vir ‘n naweek saam met Nanindi.  Met die skok het ek agter gekom ons kar is verseker te klein, veral met al die bagasie wat saamgaan vir die naweek of dalk ‘n klein vakansie.  Daar gaan verseker ‘n groter probleem wees indien die tweede enetjie dalk eendag kom.  Net my en Jeff se goed was maar ‘n ou sakkie en Nanindi se goed die res van die kar vol. 
Nou dagdrooom ek maar lekker oor “Watse kar sou ek ry as ek baie geld gehad het”.
Nou natuurlik die kar waaroor ek vrek deesdae is die nuwe Kia Sportage 2011 – shoe dit is maar mooi.
Maar as ek nog verder moet kies en omdat ek so vrek oor Volkswagen sal ek die Amorak ry of die Volkswagen Touareg en dan ook natuurlik die Toyota Fortuner of die Audi Q7.  Dis mos nou lekker groot…
KIA SPORTAGE 2011

VOLKSWAGEN AMAROK

VOLKSWAGEN TOUAREG

TOYOTA FORTUNER

AUDI Q7

No comments:

Post a Comment