Monday 29 August 2011

Alles reg kry vir die groot dag

Ek kan nie glo Nanindi se 1ste verjaarsdag is more nie.  Ek is so opgewonder en hartseer op dieselfde tyd.  My klein dogtertjie word nou so groot.  Sjoe ek weet nie hoe ek die ander verjaarsdae gaan vat as hierdie eerste een vir my so emosioneel is nie.  Is dit net omdat dit nou haar eerste verjaarsdag is?
Ek was so besig om al die goedjies reg te kry vir volgende naweek, so bietjie op gestres en hoop net dat alles gaan goed afloop.  Ek het al haar koek goedtjies en haar maaitjies se sweets emmertjies reg gekry, net om seker te maak ek het alles wat nodig is. Het half dag gevat by die werk vir vrydag, sodat ek al die cup cakes en verjaarsdag koek kan bak, hoop dat ek genoeg tyd gaan kry. 
Ek glo en hoop dat alles gaan goed gaan, en al kan Nanindi nie dalk verstaan dat dit haar verjaarsdag is nie, dat dit maar nogsteeds vir haar ‘n lekker en spesiale dag sal wees.
Ek is so opgewonde mens kan sweer dit is my eie verjaarsdag!!

No comments:

Post a Comment