Wednesday 16 January 2013

Getting rid of the “D” (Dramatic music in the background)

Ja ek doen dit en ek voel ongelooflik sleg en skuldig omdat ek dit doen maar dit is tyd.  Ons vat Nanindi se dummy weg.  Ek voel dat ons haar straf vir iets wat sy nie verkeerd gedoen het nie en ek weet sy is so geheg aan haar dummy want dit is haar enigste vertroosing as sy ietsie soek wanneer sy huil, hartseer is of selfs net moeilik slaap. 
Ek voel sleg, maar dit moet gedoen word.
Ons was saterdag na my pa toe want hulle is besig om in hul nuwe huis in te trek.  Daarna het ons spar toe gegaan en Nanindi het in die trollie gesit met haar dummy.  Ek het spesifiek seker gemaak ons het die dummy toe ons by die til gekom het en dit was saam haar in die trollie.  Maar van daar af weet ek nie wat met dit gebeur het nie.  Ons het ons goedjies betaal, Nanindi uit die trollie gehaal en sy het saam my by die spar uit gestap.  Ons pakkies was nog well in die trollie wat ons kar toe gestoot het.  Ons het die goedjies uit gehaal en in die boot gesit en na Shareen hulle toe gery. 
Toe ons by Shareen hulle kom het ek agter gekom dat ons nie meer die dummy het nie, dit is nie in my handsak nie, nie in haar doek sak nie, nie in die bood of een van die pakkies nie.  Ek het dadelik na die spar to terug gery om te gaan kyk as ek dit kry met geen geluk.  Ek het toe maar besluit dalk is dit nou die beste tyd om weer te probeer om haar van die dummy af te kry.  Alhoewel ons nog extra dummy’s by die huis het en nog een in haar doek sak gehad het, het ek besluit ons moet dit probeer. 
Jeffrey het intussen toe ek gery het vir Nanindi gesê dat haar dummy weg is.  En as my ma haar gevra het waar haar dummy is het sy ook gesê “dit is weg”
Ons het in die aand toe sy vra vir die dummy weer vir haar gesê dat haar dummy weggeraak het en sy het snaaks genoeg niks daaroor gesê nie en net aangegaan.  Ons het gaan slaap en sy was rustig sonder die dummy.  Volgende dag het sy nie een keer vir dit gevra tot die aand wanneer sy wou gaan slaap het nie.  Ek het weer vir haar gesê dat haar dummy weg is en toe is sy bietjie van ‘n drama queen en skud haar kop en skree “nee, nee, nee, nee”
Ek het toe haar aandag afgetrek met iets anders en sy het toe verder aangegaan sonder om weer daarvoor te vra.  Elke keer as sy nou vra vir die dummy sê ons maar net vir haar dat dit het weggeraak en ongelukkig dit nie meer het nie.  Sy vra net een keer ‘n dag daarvoor en as sy dit nie kry nie gaan sy verder aan met wat ookal sy besig was of vra dan vir water of tee.  Dit is nou al 4 dae en 4 nagte wat redelik goed gegaan het sover, want ek het dit baie erger verwag.  Sy slaap nou alhoewel bietjie onrustiger maar nie so erg soos wat ek verwag het nie.  As sy onrustig is en nie rustiger wil word nie, gee ek maar vir haar ‘n bietjie water of tee en dan is sy weer rustig. 
Wat ek nou agter gekom het sy vervang nou die dummy met ‘n botteltjie water of tee.  Of selfs nie eers iets nie.  Ek het ook gaan oplees om seker te maak ek doen dit nie verkeerd nie want ek voel so skuldig. Meeste van die mense sê die beste manier om dit te doen is maar om dit dadelik weg te vat en nie weer te gee nie.  Dit behoort so 2 weke te vat maar dan behoort sy teen daai tyd al te vergeet daarvan.

Ek is nou bly dat ek dit gedoen het en ongelooflik bly dat dit sover baie goed gegaan het.  Die groot besluit ook nou is as ons dit gaan gee vir Kyra of nie.  Ek dink ons moet maar sien hoe dinge gaan en die besluit daarvan af neem.
Ek is nou net bly dat Nanindi van die dummy kan vergeet.  Dit is ‘n harde besluit om te maak en mens voel maar skuldig as jy so iets moet doen, maar op die ou end is dit die beste vir haar.
Nanindi my dogter, ek wil graag net vir jou sê dat mamma is ALTYD baie lief is vir jou en dat mamma nie met jou lelik wil wees of jou enigsins straf nie.  Daar is besluite wat ons in jou lewe gaan maak waarvan jy dalk nie altyd gaan hou nie, maar dit is net omdat mamma en pappa lief is vir jou en die beste vir jou wil hê.
Lief vir jou my doggie!!!! 

Thursday 18 October 2012

Ons vierde dokters afspraak

Vandag was ons 4de afspraak by die dokter, vandag is ook Oupa Leon se verjaarsdag.  Die dokter het vandag bietjie meer langer gevat met die sonar en presies alles mooi gekyk om te sien dat alles reg lyk en groei.  Die rugstring lyk 100% en hy kan ook 4 hart kamers sien en sien ook nie enige afwyking nie.  Die hart kloppie was 155 keer per minuut wat normaal is.  Ons het vandag darm bietjie beter foto’s gekry, een van die arm en elmboog saam die handjie en die ander een ‘n been en voet.   Sy weet al 542g.  Die dokter kon weer nie mooi na haar gesuggie kyk nie want die onderste deel was bietjie weg gedraai maar soos hy probeer kyk het, kon ek dit baie mooi sien, ek kon haar gesuggie en haar klein neusie so mooi sien.  Ek voel haar ook gereeld beweeg en dit maak my ook altyd gerus voel alles is nog reg.  Dit is so wonderlik.  Maar die dokter het gesê sover lyk alles nog mooi en perfek. 
Hoe ek voel:  Elke keer na ‘n sonar afspraak voel ek sommer baie goed, net om te weet dat alles gaan goed en babatjie groei goed.  Ek het opgetel dat my tandvleis baie geswel is en bloei as ek dit borsel, maar het van tande borse verander en spoel my mond gereeld, het opgetel dat dit defnitief gehelp het.  My neus het ook gebloei al ‘n paar keer, maar ook gelees dit is normaal. Ek het bietjie van ‘n verkoue gehad en dit is ook baie warm, so dit kan baie te doen wees daarmee ook.  Omdat ek nou ook begin gewig optel word ek maar klein bietjie emotioneel maar weet alles is normaal en ek moet gewig optel vir die babatjie.  Ek probeer maar so gesond as moontlik eet, maar kroek maar so nou en dan.  Die emosies het ek opgetel kan bietjie spring van een gevoel na ‘n ander, maar ek probeer ook baie hard om dit onder beheer te hou.


Hier is die arm, elmboog en handjie


Voetjie en onder been

Thursday 20 September 2012

Ons derde dokters afspraak

Vandag was ons derde afspraak by ons dokter.   Ek het bietjie gemoan oor my heupe, bene en rug wat so seer is.  As ek lank op my bene is voel dit asof my rug vasknyp en dan sukkel ek om te loop of om te slaap want dit is ongelooflik seer.  Die dokter het gesê dit is maar baie sleg dat ek al so vroeg begin klaar daaroor maar daar is ongelukkig niks wat die dotker vir my kan doen nie.  Al wat hy kan voorstel dat ek dalk ‘n rugstut kan kry wat sal kan help met support op die rug.  Die dokter het ook vir my gesê dat ek sal kan normaal kraam as ek dit hierdie keer wil probeer.  Dit gaan net bietjie meer “intense” wees.  Soos byvoorbeeld as hulle ‘n vrou want nog nie ‘n keiser gehad het nie elke 4 ure check vir hoe vêr sy ontsluit is ens. sal hulle my elke 2 ure check.  En as ek in ‘n seker tyd nie kraam nie sale k ‘n keiser moet kry.  Ek sal dus nou maar nog moet besluit hoe ek voel daaroor en wat ek wil doen.  Om eerlik te wees is ek bang vir die normaal kraam, maar die beste is om eers te besluit nader aan die tyd.  Sodat ons eers kan sien hoe groot sy is ens. 
Ons het ook bevestig dat dit verseker nog ‘n baba sussie is.  Sy weeg nou R263g en die dokter kon nie haar lengte sien nie omdat sy nou al te groot is om dit te kan meet.  Die dokter kon nie mooi haar gesuggie sien nie, maar hy het gesê hy sal die volgende keer bietjie mooier probeer kyk as daar dalk ietsie verkeerd lyk.  Maaar verder lyk alles sover baie goed.  Vandag wys dit ek is 18 weker 4 dae.
Ek het ook vandag my bed gaan boek by die hospitaal en die 4D sonar scan wat ons by die hospitaal moet book.  Ons afspraak vir die 4D sonar is 5 Desember 09:00, ek sien so baie uit daarvoor.
Hoe ek voel:  Ek het defnitief nou al ‘n pensie wat uit steek maar voel die mense kyk my nogsteeds snaaks aan.  Voel nou dit lyk asof ek net ‘n vet maag het, maar tog weet ek dat ek swanger is.  Die moegheid het nie verbeter nie, ek probeer by die gym uitkom maar om eerlik te wees is ek maar eintlik bietjie lui en het hopeloos te veel goed wat ek by die huis moet doen.  Ek dink dit sal help as ek dit meer doen en dan sal dit ook help dat ek nie te veel gewig optel met my swangerskap nie.  Sal baie hard probeer om daarby uit te kom.  Verder voel ek baie goed.  Kan verseker voel dat dit is nie net my magie wat nou groter word nie.  Ek voel ook baie vinniger uitasem veral as ek dalk moet trappe klim ens.  Die sooibrand het ook defnitief vroeër begin as toe ek swanger was met Nanindi.  Nanindi is baie na aan my en sy gee bietjie meer aandag aan my as wat sy gewoonlik gedoen het, nou weet ek nie as dit dalk is omdat ek swanger is nie.  Sy wil nou hê mamma moet meer goedjies vir haar doen as pappa.  Ek gee natuurlik nie om nie want dit gee my en haar baie meer tyd saam om dingetjies saam te doen, ek geniet elke oomblik.   Ons het ook die laaste paar naweke baie troues gehad so elke keer moes sy by Ouma Barbara of Oupa Leon gaan kuier het wat hulle ook natuurlik baie geniet.  Kan die volgende oggend nie wag om haar te gaan haal nie, mis haar sommer vreeslik. 



Saturday 8 September 2012

Nanindi se verjaarsdag partytjie

So lekker vandag gekuier saam die vriende en familie en Nanindi het haar gate uit geniet.  Ons het lekker gelag want Lian het die hele tyd almal se suigstokkies op geëet.  Natasha het haar beste probeer om dit van hom weg te hou maar wanneer mens weer gesien het, het hy iewers een gekry.  Steven en Jeff het die heerlike potjie kos gemaak saam ‘n baie lekker pot brood. 

Ek het vir Nanindi cup cakes gemaak saam 'n mooi ballerina koek

Sy het mooi geskenkies gekry en almal het gelas om Nanindi se kamer oor te doen.  Sal begin in die week, Jeff gaan more kyk vir Nanindi se bed






Ons suigstokkie eter
 Carolize

Luca

Verjaarsdag meisie

Ava


Saturday 1 September 2012

Alana se troue

Ons het vandag Alana se troue gehad.  Sy het ongelooflik mooi gelyk en alles was ‘n groot sukses.  Ons almal het die onthaal vreeslik geniet en almal het baie lekker saam gekuier.  Ons ouma van Namibia het ook gekom vir die troue en Danie van Upington wat dit ook saam baie spesiaal gemaak het.  Nanindi was ook ‘n blomme meisie gewees waar sy ook so oulik gelyk het.  Toe ons na die kerk toe geloop het, het ons bietjie verkeerde pad geloop en ek moes vir Nanindi gedra het ook.  Ek het toe op ‘n trappie op geklim en OEPS daar trap ek ‘n gat in my rok nog voor die hele storie begin het.  Darm kon mens dit nie sien nie.  En toe ons nou voor die deur staan by die kerk en wag vir die deure om oop te gaan sien Nanindi die dammetjie en sy wil toe nou by die water gaan speel, toe moet ek nog agter haar aan hardloop vir ons om in die kerk in te gaan. 
Ek sal bietjie mooier foto’s opsit sodra ons dit kry.
Ek moes toe ‘n speech doen op Alana.  My hard het gevoel as dit uit my bors wil uitklim en so gewens ek moes dit nie doen nie.  Nie omdat ek nie op Alana wou speech nie maar net omdat ek nie hou daarvan om voor ‘n hele klomp mense te praat nie.  Ek het gesukkel om te besluit om te sê en het besluit om bietjie grappies in te sit sodat dit kan help dat ek nie huil nie.  Ek was so bang dat niemand vir my grapperige aanmerkings sal lag nie, maar darm het almal.  My speech:
“‘n Huwelik is harde werk.  Mense wat net begin as pasgetroudes moet bewus wees daar gaan bakleiery wees, moontlik oor stupid goedjies. Dit beteken nie dat jy verlore is nie.  Dit beteken dat jy is normaal.  Wat ookal probleme jy het, groot of klein, werk saam om daardeur te werk.  Sê dankie.  Sê ek is lief vir jou.  Hou hande vas.  Kyk na jou trou foto’s op jou huweliksherdenking.
Moet nie bang wees om te erken jy is verkeerd nie, self wanneer jy nie is nie.. Oefen simpatie.  Weerstaan hartkoppigheid.  Moet nie kwaad gaan slaap nie. Kry ‘n stokperdjie wat jy alleen doen.  Dit is soms ok om dinge op jou eie te doen.
Moet nie vergeet hoekom Righard op jou verlief geraak het nie.  As dit vir jou sin van humor was, werk altyd daaraan om snaaks te wees.  As dit jou verstand is, hou aan lees.   As dit jou hot body is, wel eventually is jy screwed.  Werk op onverwagte maniere.  Kook selfs al is dit nie jou ding nie, neem die vuilgoed uit once in a while al is dit dalk Richard se werk. 
Spasie is goed, om goed weg te steek is nie. Luister, vertrou en compromise.  Maak ‘n besluit om waar te wees en getrou, en leef in so manier dat Richard dit nooit sal twyfel nie.  Wees gewillig om te praat deur middel van al julle verkille, die man het gewoonlik die finale sê, in alle besprekings deur die feit dat hy ‘n man is.  Sy finale sê sal gewoonlik wees “ja liefie”
Die grootste deel van liefde is nie die woorde wat jy op jou troudag sê nie.  Die grootste deel van liefde is, die woorde wat jy sê oor die loop van julle lewe. Liefde is ‘n mislukking as ‘n selfstandinge naamwoord, dit werk net as ‘n werkwoord.  Dit werk net wanneer jy lewe in asem.  Die staar in mekaar se oë verdwyn.  Jy kry ‘n nuwe werk, julle kry kinders, jy moet die gras sny en die wasgoed doen. Enige ding wat ‘n huwelik maak is tyd.  Al die goeie dinge wat jy doen met die tyd en die manier waarop jy leer om saam te werk.
Die grootste deel van om verlief te wees met iemand is om jouself te herinner dat jy hom liefhet.  Onthou dat jy hom lief het.  Onthou dat dit die mees belangrikste taak wat jy ooit sal hê en mislukking is nie ‘n opsie nie.  Om mense teleur te stel is ‘n verskriklike gevoel maar om hulle trots te maak is amazing.  Probeer dit in gedagte te hou as jy keuses moet maak. 
En die balangrikste in jul Huwelik moet wees ons Almagtige God.  Julle is ‘n span.  Baklei regverding.  Hou jou oê daarop om doelwitte te bereik.  Onthou om ,om te gee waaroor hy omgee.  As hy verlore raak, staan stil.  Hy sal weet hoe om jou te vind.  Sien daarna uit vir julle 65-jarige herdenking.
All else aside, as daar een sleutel is vir ‘n gelukkige huwelik sal dit wees: moet nooit alleen gaan stort nie.
Alana, ons het soveel van ons lewens met mekaar gedeel.  Ek is so geëerd om hierdie dag saam julle te deel.  Van vandag af sal jy begin om ‘n lewe te deel saam Richard.  Jy het hard gewerk om hierdie dag ‘n sukses te maak en dit is alles perfek.  Jy lyk soos ‘n prinses.  Ongelooflik lief vir jou.
Op Alana…"

Baie geluk sussa, hoop julle al die beste voorentoe

Love you

Jeff en Danie





Nanindi dans die dans vloer aan die brand

Nanindi shake dit bietjie saam oupa

Ek en Jolandie

My DAD

My Oumsie en Mamsie

Shareen en Marius

Die 3 susters

Die vriendinne
Antionette en Hugo

Thursday 30 August 2012

TWEE

My kosbare klein meisie word twee vandag.

Vier en twintig maande van haar in ons lewens.  Ek weet ek sou nooit sonder haar deur hierdie reis gegaan het nie.  Sy is reeds sterk, onafhanklik en vreeslik oulik.  Eienskappe wat ek so groot bewonder en hoop sy sal dit saam haar dra in haar lewe.

Sy is ‘n daper meisie, met ‘n glimlag wat my hart smelt elke keer as sy dit na my kant toe gooi.

Die manier wat sy het om te sê mamma, maak daai woord so soet al word dit in die laat aande geroep.  Sy is sag en is lief vir niks meer as baba poppe en teddy’s en haar nuwe hondjie “Botha” wat sy en Pappa saam die naam uitgedink het. Sy is baie lief vir my en haar pappa en haar Ouma’s en Oupa ook.  Haar pa is haar held.  Sy is sy skaduwee agter hom en na-aap elke beweging van hom.

“Mamma Kyk” sê sy ‘n klomp keer om ons te beindruk met die dinge wat sy gevind het.
Haar oë vonkel as sy sing en dans. 

Ek voel so gesëend om hierdie kosbare siel se ma te wees en hoop dat wanneer sy oud genoeg is om te verstaan, sy dink ek waardig is van die taak.

Nanindi, ek is dankbaar elke dag om jou as my dogter te hê.
Gelukkig verjaarsdag my popelopie
Mamma is baie lief vir jou


Tuesday 28 August 2012

Ons tweede dokters afspraak

Vandag was ons vir ons tweede dokters afspraak om te kyk as alles reg is met ons nuwe peanut.  Die dokter het gesê alles lyk reg en babatjie lyk gesond en groei nog sover reg.  Die hartjie kloppie was 154 slae per minuut wat normaal is.  En die lengte het verdubbel amper vertrippel na 97.1 mm. Dit wys ook dat die gewig is nou 128g, shoe maar baie klein.  Ek was baie nuuskierig om uit te vind as die dokter dalk die geslag kan sien, hy het probeer kyk maar die babatjie knyp die beentjies toe.  Maar hy het gesê dit lyk dalk miskien soos nog ‘n dogtertjie maar hy sal eers dubbel seker wil maak met die volgende afspraak voor ons nou begin pienk goedjies koop.  Ons het vinnig haar gesiggie gesien en dit het sommer my hart  vinniger laat klop.  Ek het ook op 28/08/2012 die downsindroom toetse en bloedtelling toetse gaan doen en die dokter het bevestig dat alles lyk op die toetse normaal en dit is nie nodig om enige verderde toetse te doen nie.  So bly alles is nog reg. Dit wys dat ek is vandag 15 weke en 4 dae. Ons volgende afspraak is 20/09/2012.
Hoe ek voel: ek dink ek is nou oor die ergste deel wat die naarheid aan betref.  Ek tel op dat daar ‘n paar ure kan verby gaan sonder dat ek siek voel. Ek tel versker gewig op en dink my borste weeg die meeste, hahaha.  Maar ek voel al bietjie beter wat die moegheid aan betref maar ek bly maar nog baie moeg.  Ek is darm nou al in my tweede trimester so hopelik sal die energie beter word.  Ek sukkel klein bietjie met my rug en kan nie te lank staan nie anders begin dit later voel as my rug vasknyp.  Dit is maar moeilik om dit rustig te vat met ‘n kleintjie in die huis maar ek probeer my beste om dit so rustig as moontlik te vat.  Ek sukkel ook baie met hoofpyn maar het gelees dit is normaal in swangerskap.  Ek het al beweging gevoel maar baie klein gevoel.  My magie begin ook al wys.