Monday 29 August 2011

Iets self gemaak...

Ek wou nog die hele tyd vir Nanindi ‘n “growth chart” maak sodat ons elke jaar of elke 3 maande haar kan meet en dit op skryf oor hoe vêr sy groei elke keer.  Want hulle groei vinnig en dit is iets spesiaal vir haar eendag as sy ouer is. 
Ek wou dit eers op die deur skryf maar as ons dalk eendag trek, kan ons dit nie saam vat nie en dan verloor ons dit.  Hierdie kan sy eendag hou of dalk ‘n hakkie opsit en verander in ‘n handsak hangertjie of so ietsie wanneer sy groter is. 
Ek het ‘n paar idees op die internet gaan soek en die naweek ingespring en dit gemaak.   Ek is nogals beindruk met myself.  Ek dink dit lyk nogals baie oulik, wat dink julle?






No comments:

Post a Comment