Wednesday 21 September 2011

My blomme kind

Ek en Nanindi het bietjie buite op die stoep gespeel die naweek.  Nanindi het natuurlik rond geloop om te sien waarmee sy kan speel en af gekom op my gieter waarmee ek die pot plante water gee.  Ek het maar nog altyd as ons buite is gou-gou die plante water gegee en nooit besef hoe Nanindi regtig daaraan oplet nie.
Sy het dadelik toe sy dit optel na die pot plant toe geloop en gemaak dat sy vir die plantjie water gee.  Hoe oulik is dit nie.  Dit was vir my die oulikste ooit.   Sy leer so ongelooflik baie en vinnig.  Sy het toe seker maar na ‘n rukkie bietjie verveeld geraak en nog iets anders gesoek om saam dit te doen en die blommetjies begin pluk en vir my gebring.  Ek moes ook maar na ‘n rukkie keer anders sou sy ook al die blommetjies gepluk het. 
Waar Nanindi ook nou baie oulik is, is waar sy alles wat sy nou optel vir jou wil gee.  Ek het Sondag bietjie die kamer reg gepak en sy het saam my in die kamer gesit en speel.  Sy het toe van haar doeke in die hande gekry en so loop sy toe in die gang af en sê Ta-Ta-Ta en hou haar handjie uit met haar doek in haar hand.  Ek het haar toe gevolg en sy loop toe nou sitkamer se kant toe om die doek vir Jeff te gee.  Dit was vir my baie oulik…

Nanindi wat die blommetjies water gee




Hier het sy die blommetjies begin pluk

Sy bring elke keer 'n blommetjie sodra sy dit gepluk het


Ta-Ta-Ta

Sy het hier self die foto geneem (die knoppie gedruk)

Tuesday 13 September 2011

Nanindi se eerste ondekking van die tuin sproeier

Dit is nou so oulik dat Nanindi self kan loop want nou ondek sy net soveel meer.  As sy iets sien kan sy self daarna toe loop en ondersoek instel.  Ouma Anneke het saterdag kom kuier en ons het bietjie buite geloop waar die sproeier toe aan is in die tuin.  Sy het nader geloop om ondersoek in te stel van wat dit is en hoe nader sy geloop het, hoe meer het die water op haar gespat.  Sy het haar gisiggie bietjie getrek en bietjie gefrons maar nader en nader begin loop.  Ek moet haar maar betyds gryp anders sou sy seker tot by die sproeier geloop het.
Kyk net daai glimlag

Staan nader aan die sproeier en verstaan
nou nie die druppels wat op haar val nie

Ek het haar maar vinnig weg
gevat anders sou sy nog meer nat gewees het

Monday 5 September 2011

Nanindi se eerste verjaarsdag partytjie

Ek dink dit was ‘n suksesvolle dag.  Dit was so lekker om te sien hoe Nanindi saam haar maaitjies speel en sy het dit so ongelooflik baie geniet. 
Sy het so baie geskenkies gekry by al die maaitjies en vriende.  Ons het vir Nanindi haar partytjie rokkie aan getrek wat Tanie Shareen vir haar gekoop het.  Hulle het lekker onder die boom gesit en hulle eet goedjies geëet en met die balonne gespeel.  Ek het vir haar ‘n Winnie The Poo koek gebak en haar eie koek sodat sy haar handjies daarin kan druk, die maaitjies het sommer ook ingespring en hulle handjies daarin gedruk.
Nanindi het natuurlik meer daarvan gehou om haar voetjies daarin te druk as haar handjies.  Ons het vreeslik lekker gelag en die een maaitjie Janco het verskriklik bekommerd gelyk omdat Nanindi haar voetjies daarin druk.  Wat vir my ook vreeslik oulik was, toe ons vir Nanindi geluk met haar verjaarsdag sing toe dans sy saam terwyl ons sing.
Al die maaitjies het vreeslik lekker gespeel en lekker geëet.  Maar wat tog die belangrikste was is dat Nanindi dit geniet het.
Dankie aan al die mense wat daar was en die dag vir haar en ons spesiaal gemaak

En om nog iets by te sit, Nanindi loop vandag op haar eie.  Sy het nie meer iemand se vinnger nodig om te loop nie, sy het bietjie meer self vetroue gekry.  Maar soek nogsteeds nou en dan ons vinnger sodat sy vinniger kan loop.
Winnie The Poo verjaarsdag koek



 
Lekker cupcakes
Blou is bubblegum flavor
Pers is Grape Flavor
Pienk Strawberry Flavor

Tafel met verjaarsdag pakkies

Nanindi se nuwe fiets wat sy by Ouma Barbara en Oom Steven gekry het


Speel saam maaitjie Luca

Al die kindertjies by die lekker eet goed tafeltjie

Nanindi eet die caramel van haar cupcake






Nanindi verstaan nog nie so lekker wat nou hier voor haar neer gesit is nie


Nanindi wat haar voete in die koek in druk


Die maaitjies wat kom inspring en help



Nanindi se voete


Nanindi maak geskenkies oop saam met Pappa

So baie geskenke