Saturday 29 October 2011

Nicolize ooievaarstee

Ons het vandag ‘n wondelike daggie saam Nicolize en al haar vriende en familie spandeur.  Die ooivaarstee waarvoor ons almal so lank gewag en gebid het.   Nicolize en Carlo gaan ‘n babatjie kry en ons almal kan nie wag om die prinsessie te sien nie.
Ons sê baie dankie aan die genade van ons Hemelse Vader, aan hom kom al die eer toe.  Dit is vir ons ‘n wonderwerkie van die Heer.
Jy moet nou vinnig kom Carolize, kan nie wag om jou te sien.

Friday 21 October 2011

Nanindi se sand put

Ek het vir Nanindi ‘n graafie en ‘n gietertjie gekoop toe ek sien hoe sy dit geniet om die plante nat te maak met die groot gieter.  Sy kry nog nie lekker die idée van wanneer daar water in die gieter is dat sy eers na die plante toe moet loop en dan die water uit gooi nie.  Sodra ek vir haar die gieter gee gooi sy die water uit presies daar waar sy staan.  Of wanneer ons by die plante staan gooi sy die water op die vloer waar sy staan en mis die plante heeltemal.  Of  wanneer die water uit gegooi is loop sy eers na die plante toe.  Maar sy het ook nou agter gekom waar die water vandaan kom so elke keer as sy die gieter optel loop sy na die kraan toe in plaas van die plante wat sy gewoondlik gedoen het.
Ek het haar toe bietjie op die grond gaan neer sit en gewys wat sy met haar grafie moet doen.  Sy het bietjie van die sand geproe maar natuurlik nie baie daarvan gehou nie.  Sy het so klein gelyk in die groot tuin.   Ons het besluit om te gaan Pizza eet en natuurlik toe dit nou tyd is om haar skoon klere aan te trek en voete te was, was dit ‘n groot geskree.

Sunday 16 October 2011

Nanindi het defnitief haar pa se hare gekry

Nanindi het defnitief haar pa se dik en baie hare gekry.  Ek het ‘n rukkie terug haar hare alles gelyk gesny en is nou besig om dit te kroei.  Ek het toe nou die aand haar haartjies bietjie agtertoe gekam en toe lyk sy presies soos haar pa wanneer hy vir ‘n rukkie nie sy hare gesny het nie.  Kyk net hoe oulik het sy gelyk!

Sunday 2 October 2011

Nanindi se eerste keer in grond gespeel