Thursday 30 June 2011

10 Maande

10 maande
Is ons regtig net 2 maande weg van Nanindi se eerste verjaarsdag?  My aarde, dit voel soos nou die dag wat Nanindi gebore is, die tyd het vir my hopeloos te vinnig gevlieg.  Nanindi het al so baie bereik in hierdie 10 maande en elke dag is daar iets nuuts:
Hier is wat jy op die stadium besig is mee:
  • Sy is die vriendelikste babatjies ooit, lag heeldag
  • Nie bang om na enige iemand te gaan nie (mag deur enige iemand vas gehou word)
  • Klap handjies (veral as ons vir haar “handjies klap” liedjie sing)
  • Trek haarself teen al die meubels op
  • Los haar handjies as sy haarself teen iets opgetrek het want sy dink vir een of ander rede
  • Los haar handjies as sy haarself teen iets opgetrek het want sy dink vir een of ander rede dat sy op haar eie kan staan.  Dan eindig dit nie altyd goed nie, want sy verloor natuurlik haar balans en val dan op haar kop, ruggie of hopelik teen ‘n sagte ding.
  • Kruip die wêreld vol (klim tot al op trappe) – het 8 Junie 2011 begin kruip
  • Sy eet 3 etes ‘n dag en 5 bottels (3 bottels deur die dag en 2 in die aand)
  • Trek haarself op in haar kot en lag al te breed en dink dit is ‘n groot prestasie want dit isharde werk vir haar.  Sy bly nog saam ons in ons kamer en dit is net te oulik as ons nog lê en slaap en sy maak ons wakker met een of ander geluid en dan sien mens daai groot glimlag en deurmakaar hare.
  • Nog geen tande nie
  • Hou daarvan om te lag
  • Praat heel dag (Ssstt, Tttssh, nnnaah, Hhhhmmm) het geklink asof sy nou die dag Nanindi probeer sê het agter pappa aan maar dit het geklink soos naninninini. Dit klink asof sy will mamma en pappa sê maar sy se meer Manna en dada
  • Sy begin huil as sy mamma of pappa se aandag soek
  • As ons besig is in die kombuis, kruip sy rond en om ons aandag ook te kry sal sy na jou bene to kruip en haarself teen jou optrek sodat jy haar op die ou end moet optel
  • Ons moes haar kot laat sak het verlede maand L
  • Sy steek haar wys vinngertjies uit en as ons, ons vinger teen hare druk dan lag sy uit haar maag
  • Sy hou van haar fling chippy (bederfie)
  • Sy kan haar eie dummy in haar mond sit en is lief daarvoor om met dit te speel
  • Kan klein goedjies optel met haar wys vinngetjie en duimpie
  • Slaap goed – 2 slapies daagliks en tussen 11 – 12 ure slaap deur die nag (maar waar sy wakker word vir haar botteltjie melk in die aand tussen 1 uur en 3 uur in die oggend)
  • Sy hou glad nie van haar kar stoeltjie nie.  Ek kry haar nie gelukkig in haar kar stoeltjie nie, huil vreeslik as ek haar in die middag na werk gaan haal.  Sy is nie baie lief daarvoor nie.  Oor naweke gaan dit goed as sy dalk net een keer in die stoeltjie hoef te sit.
  • Hou baie van bad, speel lekker met haar speel goedjies en huil as ons haar uit die bad uit haal.
  • Hou daarvan as ek haar ruggie kielie, sy vries lettelik op haar plek tot ek haar klaar gekielie het.
  • Is baie kielierig op haar boudjies
  • Hou daarvan om alles in haar mond te sit
  • Loop met die hulp van Pappa elke aand bad toe
  •  Sy weet al wat beteken die woord “nee” of “los” maar sal ons nogsteeds toets om weer  ‘n kansie te vat om vir iets te gaan wat ons voor “nee” of “los” gesê het
  • Gee die lekkerste soentjies en druk partykeer haar tongetjie ook in jou Mond.
  • Gee die lekkerste drukkies
  • Het begin om bietjie op haar eie te staan sonder om aan iets vas te hou.
  •  Drink haar eie bad water (sy love dit).  Ons moet haar partykeer stop want sy drink so baie bad water dat sy nie haar melk drink nie.
 
Nanindi jy is ons prag kind en dit is vir mamma en pappa so wonderlik om te sien hoe jy groei en
groot word.  Jy bring so baie geluk en vreegde in ons lewe.  Ek kan nie glo jy gaan ‘n jaar wees in
net twee maande nie.  Kry uit die tissue boks, snik-snik

Nanindi staan saam ons om die bad water in te tap en gooi self
haar bad speelgoedjies in die bad

Oppad bad toe met die hulp van Pappa, wil self bad toe loop

 

 
Kyk net daai boudjies

 

 
Sy weet al so mooi dat sy moet vir die kamera glimlag

 
Al haar bad speel goedjies

 

 

 

 
Wil ook die hele tyd staan in die bad

 

 
Dit is die gesiggie waarin ons vas kyk as sy ons wakker maak in die oggend

 
My pragtige kind

 

 

10 Maande