Tuesday, 30 August 2011

12 Maande

Aan my dogter Nanindi

Ek onthou die oomblik toe ek geweet het jy kom.  In daardie klein oomblik, met my rug teen die badkamer muur, het ek geweet  my lewe vir ewig sou verander.  En deur daardie maande, met die dat jy rol en skop binne-in my, het ek begin om jou te leer ken.
Een jaar gelede vandag het jy in ons lewe gekom en sit ‘n extra straal van sonskyn op ons.  Ek kan nie glo hoe mooi en ongelooflik jy geword het nie.  Ek het nie gedink ek verdien so ‘n kosbare klein dogtertjie nie, maar ek is bly dat ek jou in my lewe het.  Jou pa en ek is so lief vir jou, meer as wat jy ooit sal weet.  Ons kan nie ons lewens sonder jou indink nie. 
Die dag wat jy gebore was het jy gehuil en jy het my maak glimlag.  Die mooiste geluid wat ek ooit gehoor het was jou stem.  Ek het jou in my arms gehad en jy het my hart gesteel.  Al die maande van wag was die moeite werd. 
Jy was gebore, glad en rooi in die gesig.  En as die dokter jou af gevee het en geweeg het, het jy gehuil en gehuil todat ek jou naam gesê het.  Die dokter het jou na my toe gebring, en ek het daai klein perfekte gesiggie gesoen.  En ek het besef ek sal enige iets doen om hierdie lewe te beskerm.
Elke aand het ek jou sien slaap, jou asem halings getel, verwonderd oor jou wimpers, die drome wat jou laat glimlag.  Jy het geleer om jou kop en arms op te lig, probeer om vir ure jouself op te stoot, waggle, gekonsentreerd.  Hoe vreemd dit is dat ‘n paar maande gelede jy skaars jou klein vingers kan begryp op ‘n ratel, nou kan jy optog rondom die huis, ‘n pot deksel op die vloer slaan.
‘n paar maande terug het jy begin kruip, wieg versigtig, gespartel plat op die grond met die krag van jou poging.  Maar op die ou end het jy gekruip, en binnekort het jy jouself begin optrek teen die meubels, toe gestaan en toe het jy jou eerste wankelrige stappies gegee.
Jy het my so baie dinge geleer hierdie jaar, die vreugde van rol in ‘n kussing, dat ‘n handoek met ‘n prentjie op fassinerend is.  Dat enige iets wat nie eers ‘n speel ding is nie, ure se Vermaak verskaf.  Jy het my geduld, liefde en verskriklike vrees geleer.  As ek oor jou sit met die “nose bulp” as jy gesukkel het om asem haal as jy siek is.  Om jou te bereik sekondes te laat nadat jy geval het.  Jou bad met ‘n koel lappie as jy sit met ‘n aaklike koors wat nie wil af kom nie.  Elke dag bring my tot my knieë om dankie te sê jy bestaan, vir jou wysheid en vir jou gesondheid.  Dankie aan God vir hierdie wonderlike geskenk.  Dankie dat jy in my lewe ingekom het en ons familie heel gemaak.  Jy is my dogtertjie wat se glimlag die lig van die son is.   
Ek kan nie vir jou vertel hoe baie ek hiedie jaar bewaar nie.  Om jou vas te hou en aan jou te raak is my gusteling tydverdryf.  Dit is vir my absoluut ongelooflik om te sien hoe jy die wêreld rondom jou ontdek.  Ek het gekyk hoe jy gaan van ‘n klein hulpelose babatjie tot ‘n meisie met ‘n wil van haar eie.  Jy het natuurlik plekke waarna jy toe wil gaan om te verken en al wat jy nodig het van ons, is ‘n hand om aan te kou of vas te hou as jy jouself wil optrek of wil rondloop.
En ja, my liefste dogter, op die herdenking van my mees onvergeetlike dag, groet ek jou.  Mag hierdie volgende jaar baie ontdekkings bring.  Mag jy deur jou groot familie lief en gekoester voel.  Mag jy die wonder hou, die vreeslooshied wat jou inspireer waar jy die kaste of vensterbanke uitklim. 
Mag jy voortgaan om die vreugde in die klein dingetjies te vind, die blare van blaarslaai of die vorms en kleure van die vrugte of die manier waarop die lig kom deur die gordyne en patrone maak op die vloer. 
Ek sal altyd hier wees vir jou, wanneer jy wil “peekaboo” speel, of bietjie “snuggle” of wanneer jy ‘n monster wil wees en my jaag.  Wanneer jy 4 uur die oggend wakker word, huil omdat jou tande seer is of ‘n slukkie water wil hê.  Ek sal jou altyd vashou en naby my hou.  Ek sal probeer om jou te laat gaan, om te ontdek en weet jy het dit nodig.  Soos ek kyk hoe jy die wêreld verken, altyd weet ek is jou grootste “FAN”
Prediker 3: 1-8
Vir elke ding is daar ‘n seisoen en ‘n tyd vir elke saak onder die Hemel:
‘n tyd om gebore te word, en ‘n tyd om te sterwe, ‘n tyd om te plant, en ‘n tyd om uit te ruk wat geplant is;
‘n tyd om dood te maak en ‘n tyd om gesond te maak, ‘n tyd om af te breek en ‘n tyd om te bou;
‘n tyd om te wen en ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te treur, en ‘n tyd om te dans;
‘n tyd om klippe weg te gooi, en ‘n tyd om klippe bymekaar te maak, ‘n tyd om te omhels en ‘n tyd om te onthou van omhels;
‘n tyd om te kry en ‘n tyd om te verloor, ‘n tyd om te hou en ‘n tyd om weg te gooi;
‘n tyd om te skeur en ‘n tyd om aanmekaar te werk, ‘n tyd van stilte en tyd om te praat; ‘n tyd om lief te hê, en ‘n tyd om te haat, ‘n tyd van oorlog en ‘n tyd van vrede
Wat ek wil sê:  in jou leeftyd sal jy ervaar beide groot vreugde en groot harseer. Ek vermoed daar sal tye wees wanneer die lewe sin maak en dit lyk asof alles vlot verloop.  Maar mamma besef daar tye sal wees van seer, depressiewe, bevraagtekening, twyfel, hartseer, woede en uiterste verwarring.
Nanindi ek bid elke dag dat jy sal vashou aan God se Woord as jou riglyn en verwysings punt.  Neem troos in die feit dat daar ‘n tyd en siesoen is vir alles.  Moet nooit toelaat dat jou onmiddelike omstandighede jou geloof en vertroue in die almagtige God bepaal nie.
Ek bid dat jy sal nooit jou geloof en vertroue in die dinge wat geen krag het sal plaas nie en sal vertrou in God.  Bly naby sy woord, rus in sy genade en weet dat in die tyd, God sal wees wat God sal wees.
Jy is my grootste vreugde.Ons is lief vir jou my engeltjie, meer as woorde kan sê
Vandag, more, vir altyd
Gelukkige 1ste verjaarsdag!!!!

Monday, 29 August 2011

Alles reg kry vir die groot dag

Ek kan nie glo Nanindi se 1ste verjaarsdag is more nie.  Ek is so opgewonder en hartseer op dieselfde tyd.  My klein dogtertjie word nou so groot.  Sjoe ek weet nie hoe ek die ander verjaarsdae gaan vat as hierdie eerste een vir my so emosioneel is nie.  Is dit net omdat dit nou haar eerste verjaarsdag is?
Ek was so besig om al die goedjies reg te kry vir volgende naweek, so bietjie op gestres en hoop net dat alles gaan goed afloop.  Ek het al haar koek goedtjies en haar maaitjies se sweets emmertjies reg gekry, net om seker te maak ek het alles wat nodig is. Het half dag gevat by die werk vir vrydag, sodat ek al die cup cakes en verjaarsdag koek kan bak, hoop dat ek genoeg tyd gaan kry. 
Ek glo en hoop dat alles gaan goed gaan, en al kan Nanindi nie dalk verstaan dat dit haar verjaarsdag is nie, dat dit maar nogsteeds vir haar ‘n lekker en spesiale dag sal wees.
Ek is so opgewonde mens kan sweer dit is my eie verjaarsdag!!

Iets self gemaak...

Ek wou nog die hele tyd vir Nanindi ‘n “growth chart” maak sodat ons elke jaar of elke 3 maande haar kan meet en dit op skryf oor hoe vêr sy groei elke keer.  Want hulle groei vinnig en dit is iets spesiaal vir haar eendag as sy ouer is. 
Ek wou dit eers op die deur skryf maar as ons dalk eendag trek, kan ons dit nie saam vat nie en dan verloor ons dit.  Hierdie kan sy eendag hou of dalk ‘n hakkie opsit en verander in ‘n handsak hangertjie of so ietsie wanneer sy groter is. 
Ek het ‘n paar idees op die internet gaan soek en die naweek ingespring en dit gemaak.   Ek is nogals beindruk met myself.  Ek dink dit lyk nogals baie oulik, wat dink julle?






Friday, 12 August 2011

When God Created Fathers

Its mooi wat ek gelees het vandag:
When God was creating fathers, he started with a tall frame.
And the female angel nearby said, “What kind of father is that? If you’re going to make children so close to the ground, why have you put fathers up so high?  He won’t be able to shoot marbles without kneeling, tuck a child into bed without bending, or even kiss a child without a lot of stooping.”
And God smiled and said, “Yes, but if I make him child size, who would children have to look up to?”
And when God made a gather’s hands, they were large and sinewy.
And the angel shook her head and said, “Do you know what are doing? Large hands are clumsy.  They can’t manage nappy pins, small buttons, rubber bands or ponytails, or even remove splinters caused by baseball bats.” And God Smiled and said, “I know, but they are large enough to hold everything that a boy empties from his pockets at the end of the day, yet small enough to cup a child’s face in his hands.”
And God molded long, slim legs and broad shoulders
And the angel nearly had a heart attack. “Boy, this is the end of the week alright.” She chuckled. “Do you realize you just made a father without a lap? How is the going to pull a child close to him without the kid falling between his legs?”
And God smiled and said, “A mother needs a lap. A father needs strong shoulders to pull a sled, balance a boy on a bicycle, or hold a sleepy head on the way back from the circus.”
God was n the middle of crating two of the largest feet anyone had ever seen when the angel could not contain herself any longer.  “That’s not fair,” she said “Do you honestly think those large boats are going to dig out of bed early in the morning when the baby cries, or walk through a birthday party without crushing at least three of the guests?”
And God smiled and said, “They’ll work.  You’ll see.  They’ll support a small child who wants to ride a horse, or scare off mice at the summer cabin, or display shoes that will be a challenge to fill.”
God worked through the night, giving the father few words, but a firm authoritative voice, eyes that saw everything, but remained calm and tolerant.
Finally, almost as an afterthought, H added – tears.  Then he turned to the angel and said, “now are you satisfied that he can love as much as a mother”.
And the angel shutteth up!

Tuesday, 9 August 2011

Nanindi gaan een van die dae loop

Ek en Jeff het hierdie naweek met Nanindi buite op die gras gespeel.  Ek en Jeff het heen en weer van mekaar gesit met ‘n breek tussen my en hom.  Jeff het dan vir Nanindi vas gehou en dan het ek my hande uit gesteek om haar te motiveer om na my toe te loop.  Sy kyk mens eers aan met ‘n groot glimlag en ‘n gesiggie van twyfel.  Maar wanneer sy dan die vertroue kry en weet ons is daar om haar te vang wanneer sy val  vat sy die groot stap.  Ons hou maar nog ons hande naby haar lyfie vir wanneer sy net besluit om dalk haar balans te verloor.  En dan so gaan ons aan, heen en weer loop sy van my na Jeff en van Jeff na my.  Dit is so oulik en sy hou vreeslik baie van hierdie speeletjie.
Ek sien sy begin ook nou bietjie die kansies vat binne die huis, as ons dalk in die sitkamer is sal sy dalk van die een bank na die ander loop of dalk van die bank na die koffie tafel.  Dit is vir my wonderlik om te sien hoe sy presteur en al die mylpale wat sy bereik maar dit maak my eintlik ook so hartseer dat sy net te vinnig groot word (Snik-Snik)

Monday, 8 August 2011

Dagdroom vir 'n nuwe familie kar...

Ons was so twee weke terug vir die eerste keer weg vir ‘n naweek saam met Nanindi.  Met die skok het ek agter gekom ons kar is verseker te klein, veral met al die bagasie wat saamgaan vir die naweek of dalk ‘n klein vakansie.  Daar gaan verseker ‘n groter probleem wees indien die tweede enetjie dalk eendag kom.  Net my en Jeff se goed was maar ‘n ou sakkie en Nanindi se goed die res van die kar vol. 
Nou dagdrooom ek maar lekker oor “Watse kar sou ek ry as ek baie geld gehad het”.
Nou natuurlik die kar waaroor ek vrek deesdae is die nuwe Kia Sportage 2011 – shoe dit is maar mooi.
Maar as ek nog verder moet kies en omdat ek so vrek oor Volkswagen sal ek die Amorak ry of die Volkswagen Touareg en dan ook natuurlik die Toyota Fortuner of die Audi Q7.  Dis mos nou lekker groot…
KIA SPORTAGE 2011

VOLKSWAGEN AMAROK

VOLKSWAGEN TOUAREG

TOYOTA FORTUNER

AUDI Q7

Monday, 1 August 2011

Foto's

Bietjie hartseer, wil nie in haar Bambo stoeltjie sit nie



Oh gats, moet nie in jou mondjie sit nie liefie

Een van haar favourite speel goed, die remote


On the move

Klim al die trappie self

Sit nou eers bietjie en rus, want die trappie klim is harde werk


Speel bietjie in die kombuis terwyl mamma en pappa kos maak

Oeps, bietjie te naby

Kom speel bietjie by mamma

Nanindi se eerste tand

Ons het vir die eerste keer weg gegaan met Nanindi en ons het dit baie geniet.  Ek het vreeslik gestres oor hoe Nanindi die lang pad gaan hanteer maar sy was baie rustig in die kar en ek het haar besig gehou met speel goedjies ens. 

Terwyl ons lekker speel oppad Naboomspruit / wildsplaas toe vrydag 29/07/2011 lag sy lekker en daar sien ek dit, haar eerste tand.  Net die puntjie steek uit.  

Uiteindelik op 11 maande kry sy haar eerste tand.  Ongelukkig kan ek dit nog nie af neem nie, want mens kan dit tog amper skaars sien.  Sal maar foto aan heg sodra hy mooi uit is en ek ‘n mooi foto kan neem.