My opwinding vir die dag deur die week is wanneer ek weer vir Nanindi by die dagmoeder kan gaan haal en natuurlik my man by die huis kry. Om daai gesiggie van Nanindi te sien wanneer ek by die dagmoeder kom is vir my so oulik en sy raak so opgewonde as ek daar aankom. Mens sien net gums soos sy lag.
Dan is dit ons lang pad huistoe. Nanindi gesels bietjie en speel bietjie in die kar, dan kom die groot baklei teen die slaap en dan slaap sy soos 'n engeltjie vir so 25 minute. Dit is gewoonlik ons roetine elke dag. So nou en dan slaap sy glad nie in die kar nie en dan wanneer dit naby aan haar slaap tyd kom in die aande is sy so moeilik dat ons haar maar partykeer vroeër bad sodat sy net so gou moontlik in die bed kan kom.
Net om my dogter weer by my te hê en soveel tyd as moontlik saam haar te kan spandeer is al wat ek vra. Want die tyd wat ek haar aflaai by die dagmoeder kan ek nie ophou aan haar dink tot ek haar weer gaan haal nie. Dit sou natuurlik so lekker gewees het dat ek ‘n huisvrou mamma kon wees maar ongelukkig laat dit lewe van vandag dit nie toe nie.
MY ENGELTJIE |
No comments:
Post a Comment