Tuesday, 17 May 2011

My eerste moedersdag

Op moedersdag was dit Jeff se beurt om na Nanindi te kyk so hy het vroeg saam haar opgestaan.  Ek het saterdag aand vroeg in die bed gaan klim na al die opwinding van Natasha se ooievaarstee, waar ek toe ‘n 10 ure slaap ingekry het.  Dit sou seker langer gewees het maar ons moes vroeg opgestaan het om ontbyt te gaan eet saam my susters en ma.  Natuurlik toe ek daar wakker geword het, het dit gevoel of ek net 5 ure geslaap het. 
Jeff het my 08:15 kom wakker maak om te hoor hoe laat ons by die ontbyt moes wees.  Ons was natuurlik laat want die ontbyt gaan 09:00 begin.  Ek het opgespring en gejaag om betyds klaar te kry.  Jeff het verder na Nanindi gekyk terwyl ek klaar gemaak het.
Ons het ‘n lekker ontbyt geeët en na die tyd het Jeff en Nanindi my dieretuin toe gevat om ‘n wonderlike dag saam hulle te spandeer.  Dit was vir my so lekker om te sien hoe Nanindi na al die diere kyk en hoe opgewonde sy raak. Sy het self geskrik vir ‘n paar wat bietjie woelig was.  Dit was ook net so oulik oor hoe sy aan die vissies wil vat wat verby haar swem.
Ons het ‘n wonderlike dag saam gehad, ek het dit vreeslik baie geniet.
Natuurlik die wonderlikse geskenk wat ek kon kry is om ‘n mamma te wees vir ‘n wonderlike dogtertjie soos Nanindi.  Net om ‘n mamma te kan wees is ‘n wonderlike geskenk van God af.  Dit beteken vir my ongelooflik baie omdat daar mense is wat ongelooflik baie sukkel om kinders te kry of wat self nie eers kan kinders kry nie.  Ek is een van die gelukkige mense wat ‘n kind kan hê en ek sal my lewe verruil vir niks anders nie.  My lewe is nou heel.
Ek vra elke dag vir die Here om vir Nanindi mooi op te pas, saam met haar pappa dat sy hom ook kan ken en lief hê soos ek.  En ek sê ook baie dankie vir alles wat ons het en vir hoe Perfek Nanindi is.  Dat daar nie enige probleme met haar was nie en dat sy al haar toontjies en vingertjies het en ‘n baie gesonde kind is.  Die liefde wat ek en Jeff deel.  En die liefde wat Jeff vir ons dogter het. 
Ek kan nie beskryf hoe ek oor Nanindi voel nie en om ‘n ma te wees nie.  Om haar binne my te voel groei het en nou om te kyk hoe vinnig sy groei voor ons oë.  Dit is so moeilik vir my om haar te los by die dagmoeder as ek moet gaan werk en my gedagtes is die hele dag by haar.  Dit is moeilik vir my om ons  dae weg van mekaar af te spandeer.  Ek wens so baie dat die lewe anders kon gewees het vir my om ‘n huis mamma te wees.  Sodat ek nie een oomblik van haar lewe mis nie.  Maar ongelukkig in hierdie duur en besige wêreld van ons is dit net nie moontlik nie.  Nanindi het my lewe heel gemaak en kan nie my lewe sonder haar indink nie.  Sy is die beste geskenk waarvoor ek ooit kon vra.
NANINDI EN PAPPA
Kyk net hoe oulik lyk sy in die hoed

Bietjie dors vir water

Nadindi wat die vissies probeer vang as hulle verby haar swem


No comments:

Post a Comment