Monday 30 May 2011

NANINDI INSEENING

Jesus sê in Markus 10:14-16: “laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.  Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.” En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.

Saterdag het ek hard gewerk om lekker eet goedjies te maak en ons plekkie mooi te maak vir die groot dag.  Al ons vriende en familie vir wie Nanindi ook baie beteken, het die sondag oggend 29/05/2011 saam ons kom spandeer en die wonderlike dag saam ons gedeel.
Nanindi het so oulik en pragtig gelyk.  Sy het ‘n oulike pienk rokkie, wit baaitjie, wit kousies en skoentjies aan gehad.  Ons het haar so warm as moontlik probeer aantrek want dit was redelik koud. 

Daai gesuggie van Nanindi toe ons voor in die kerk staan was net te oulik.  Sy is so nuuskierig en haar oë mis niks nie.   Sy het op ‘n tyd nie geweet vir wat en wie sy moet kyk nie.  Toe ons die woorde agter die dominee begin aan sê toe kon ek nie help om trane in my oë te kry nie, ek het hard gesukkel om dit weg te sluk. 

Ek dink so dag is vir enige ouer belangrik en is uiters kosbaar in hul en hul kind se lewe.  Nanindi glo ek gaan nie veel onthou nie, maar dit sal verewig in my hart bly.  En dan kan ek ook nie wag vir die dag tot sy besluit om haarself groot te doop nie.
Ons het die dag baie geniet.  Dankie vir almal wat gehelp het met eet goedjies en dankie vir almal wie die oggend saam ons kom spandeer het.

Foto's om te volg












No comments:

Post a Comment