Thursday 20 September 2012

Ons derde dokters afspraak

Vandag was ons derde afspraak by ons dokter.   Ek het bietjie gemoan oor my heupe, bene en rug wat so seer is.  As ek lank op my bene is voel dit asof my rug vasknyp en dan sukkel ek om te loop of om te slaap want dit is ongelooflik seer.  Die dokter het gesê dit is maar baie sleg dat ek al so vroeg begin klaar daaroor maar daar is ongelukkig niks wat die dotker vir my kan doen nie.  Al wat hy kan voorstel dat ek dalk ‘n rugstut kan kry wat sal kan help met support op die rug.  Die dokter het ook vir my gesê dat ek sal kan normaal kraam as ek dit hierdie keer wil probeer.  Dit gaan net bietjie meer “intense” wees.  Soos byvoorbeeld as hulle ‘n vrou want nog nie ‘n keiser gehad het nie elke 4 ure check vir hoe vêr sy ontsluit is ens. sal hulle my elke 2 ure check.  En as ek in ‘n seker tyd nie kraam nie sale k ‘n keiser moet kry.  Ek sal dus nou maar nog moet besluit hoe ek voel daaroor en wat ek wil doen.  Om eerlik te wees is ek bang vir die normaal kraam, maar die beste is om eers te besluit nader aan die tyd.  Sodat ons eers kan sien hoe groot sy is ens. 
Ons het ook bevestig dat dit verseker nog ‘n baba sussie is.  Sy weeg nou R263g en die dokter kon nie haar lengte sien nie omdat sy nou al te groot is om dit te kan meet.  Die dokter kon nie mooi haar gesuggie sien nie, maar hy het gesê hy sal die volgende keer bietjie mooier probeer kyk as daar dalk ietsie verkeerd lyk.  Maaar verder lyk alles sover baie goed.  Vandag wys dit ek is 18 weker 4 dae.
Ek het ook vandag my bed gaan boek by die hospitaal en die 4D sonar scan wat ons by die hospitaal moet book.  Ons afspraak vir die 4D sonar is 5 Desember 09:00, ek sien so baie uit daarvoor.
Hoe ek voel:  Ek het defnitief nou al ‘n pensie wat uit steek maar voel die mense kyk my nogsteeds snaaks aan.  Voel nou dit lyk asof ek net ‘n vet maag het, maar tog weet ek dat ek swanger is.  Die moegheid het nie verbeter nie, ek probeer by die gym uitkom maar om eerlik te wees is ek maar eintlik bietjie lui en het hopeloos te veel goed wat ek by die huis moet doen.  Ek dink dit sal help as ek dit meer doen en dan sal dit ook help dat ek nie te veel gewig optel met my swangerskap nie.  Sal baie hard probeer om daarby uit te kom.  Verder voel ek baie goed.  Kan verseker voel dat dit is nie net my magie wat nou groter word nie.  Ek voel ook baie vinniger uitasem veral as ek dalk moet trappe klim ens.  Die sooibrand het ook defnitief vroeër begin as toe ek swanger was met Nanindi.  Nanindi is baie na aan my en sy gee bietjie meer aandag aan my as wat sy gewoonlik gedoen het, nou weet ek nie as dit dalk is omdat ek swanger is nie.  Sy wil nou hê mamma moet meer goedjies vir haar doen as pappa.  Ek gee natuurlik nie om nie want dit gee my en haar baie meer tyd saam om dingetjies saam te doen, ek geniet elke oomblik.   Ons het ook die laaste paar naweke baie troues gehad so elke keer moes sy by Ouma Barbara of Oupa Leon gaan kuier het wat hulle ook natuurlik baie geniet.  Kan die volgende oggend nie wag om haar te gaan haal nie, mis haar sommer vreeslik. 



No comments:

Post a Comment