Thursday 30 August 2012

TWEE

My kosbare klein meisie word twee vandag.

Vier en twintig maande van haar in ons lewens.  Ek weet ek sou nooit sonder haar deur hierdie reis gegaan het nie.  Sy is reeds sterk, onafhanklik en vreeslik oulik.  Eienskappe wat ek so groot bewonder en hoop sy sal dit saam haar dra in haar lewe.

Sy is ‘n daper meisie, met ‘n glimlag wat my hart smelt elke keer as sy dit na my kant toe gooi.

Die manier wat sy het om te sê mamma, maak daai woord so soet al word dit in die laat aande geroep.  Sy is sag en is lief vir niks meer as baba poppe en teddy’s en haar nuwe hondjie “Botha” wat sy en Pappa saam die naam uitgedink het. Sy is baie lief vir my en haar pappa en haar Ouma’s en Oupa ook.  Haar pa is haar held.  Sy is sy skaduwee agter hom en na-aap elke beweging van hom.

“Mamma Kyk” sê sy ‘n klomp keer om ons te beindruk met die dinge wat sy gevind het.
Haar oë vonkel as sy sing en dans. 

Ek voel so gesëend om hierdie kosbare siel se ma te wees en hoop dat wanneer sy oud genoeg is om te verstaan, sy dink ek waardig is van die taak.

Nanindi, ek is dankbaar elke dag om jou as my dogter te hê.
Gelukkig verjaarsdag my popelopie
Mamma is baie lief vir jou


No comments:

Post a Comment