Ja ek doen dit en ek voel ongelooflik sleg en skuldig omdat ek dit doen maar dit is tyd. Ons vat Nanindi se dummy weg. Ek voel dat ons haar straf vir iets wat sy nie verkeerd gedoen het nie en ek weet sy is so geheg aan haar dummy want dit is haar enigste vertroosing as sy ietsie soek wanneer sy huil, hartseer is of selfs net moeilik slaap.
Ek voel sleg, maar dit moet gedoen word.
Ons was saterdag na my pa toe want hulle is besig om in hul nuwe huis in te trek. Daarna het ons spar toe gegaan en Nanindi het in die trollie gesit met haar dummy. Ek het spesifiek seker gemaak ons het die dummy toe ons by die til gekom het en dit was saam haar in die trollie. Maar van daar af weet ek nie wat met dit gebeur het nie. Ons het ons goedjies betaal, Nanindi uit die trollie gehaal en sy het saam my by die spar uit gestap. Ons pakkies was nog well in die trollie wat ons kar toe gestoot het. Ons het die goedjies uit gehaal en in die boot gesit en na Shareen hulle toe gery.
Toe ons by Shareen hulle kom het ek agter gekom dat ons nie meer die dummy het nie, dit is nie in my handsak nie, nie in haar doek sak nie, nie in die bood of een van die pakkies nie. Ek het dadelik na die spar to terug gery om te gaan kyk as ek dit kry met geen geluk. Ek het toe maar besluit dalk is dit nou die beste tyd om weer te probeer om haar van die dummy af te kry. Alhoewel ons nog extra dummy’s by die huis het en nog een in haar doek sak gehad het, het ek besluit ons moet dit probeer.
Jeffrey het intussen toe ek gery het vir Nanindi gesê dat haar dummy weg is. En as my ma haar gevra het waar haar dummy is het sy ook gesê “dit is weg”
Ons het in die aand toe sy vra vir die dummy weer vir haar gesê dat haar dummy weggeraak het en sy het snaaks genoeg niks daaroor gesê nie en net aangegaan. Ons het gaan slaap en sy was rustig sonder die dummy. Volgende dag het sy nie een keer vir dit gevra tot die aand wanneer sy wou gaan slaap het nie. Ek het weer vir haar gesê dat haar dummy weg is en toe is sy bietjie van ‘n drama queen en skud haar kop en skree “nee, nee, nee, nee”
Ons het in die aand toe sy vra vir die dummy weer vir haar gesê dat haar dummy weggeraak het en sy het snaaks genoeg niks daaroor gesê nie en net aangegaan. Ons het gaan slaap en sy was rustig sonder die dummy. Volgende dag het sy nie een keer vir dit gevra tot die aand wanneer sy wou gaan slaap het nie. Ek het weer vir haar gesê dat haar dummy weg is en toe is sy bietjie van ‘n drama queen en skud haar kop en skree “nee, nee, nee, nee”
Ek het toe haar aandag afgetrek met iets anders en sy het toe verder aangegaan sonder om weer daarvoor te vra. Elke keer as sy nou vra vir die dummy sê ons maar net vir haar dat dit het weggeraak en ongelukkig dit nie meer het nie. Sy vra net een keer ‘n dag daarvoor en as sy dit nie kry nie gaan sy verder aan met wat ookal sy besig was of vra dan vir water of tee. Dit is nou al 4 dae en 4 nagte wat redelik goed gegaan het sover, want ek het dit baie erger verwag. Sy slaap nou alhoewel bietjie onrustiger maar nie so erg soos wat ek verwag het nie. As sy onrustig is en nie rustiger wil word nie, gee ek maar vir haar ‘n bietjie water of tee en dan is sy weer rustig.
Wat ek nou agter gekom het sy vervang nou die dummy met ‘n botteltjie water of tee. Of selfs nie eers iets nie. Ek het ook gaan oplees om seker te maak ek doen dit nie verkeerd nie want ek voel so skuldig. Meeste van die mense sê die beste manier om dit te doen is maar om dit dadelik weg te vat en nie weer te gee nie. Dit behoort so 2 weke te vat maar dan behoort sy teen daai tyd al te vergeet daarvan.
Ek is nou bly dat ek dit gedoen het en ongelooflik bly dat dit sover baie goed gegaan het. Die groot besluit ook nou is as ons dit gaan gee vir Kyra of nie. Ek dink ons moet maar sien hoe dinge gaan en die besluit daarvan af neem.
Ek is nou net bly dat Nanindi van die dummy kan vergeet. Dit is ‘n harde besluit om te maak en mens voel maar skuldig as jy so iets moet doen, maar op die ou end is dit die beste vir haar.
Nanindi my dogter, ek wil graag net vir jou sê dat mamma is ALTYD baie lief is vir jou en dat mamma nie met jou lelik wil wees of jou enigsins straf nie. Daar is besluite wat ons in jou lewe gaan maak waarvan jy dalk nie altyd gaan hou nie, maar dit is net omdat mamma en pappa lief is vir jou en die beste vir jou wil hê.
Lief vir jou my doggie!!!!