Wednesday 21 September 2011

My blomme kind

Ek en Nanindi het bietjie buite op die stoep gespeel die naweek.  Nanindi het natuurlik rond geloop om te sien waarmee sy kan speel en af gekom op my gieter waarmee ek die pot plante water gee.  Ek het maar nog altyd as ons buite is gou-gou die plante water gegee en nooit besef hoe Nanindi regtig daaraan oplet nie.
Sy het dadelik toe sy dit optel na die pot plant toe geloop en gemaak dat sy vir die plantjie water gee.  Hoe oulik is dit nie.  Dit was vir my die oulikste ooit.   Sy leer so ongelooflik baie en vinnig.  Sy het toe seker maar na ‘n rukkie bietjie verveeld geraak en nog iets anders gesoek om saam dit te doen en die blommetjies begin pluk en vir my gebring.  Ek moes ook maar na ‘n rukkie keer anders sou sy ook al die blommetjies gepluk het. 
Waar Nanindi ook nou baie oulik is, is waar sy alles wat sy nou optel vir jou wil gee.  Ek het Sondag bietjie die kamer reg gepak en sy het saam my in die kamer gesit en speel.  Sy het toe van haar doeke in die hande gekry en so loop sy toe in die gang af en sê Ta-Ta-Ta en hou haar handjie uit met haar doek in haar hand.  Ek het haar toe gevolg en sy loop toe nou sitkamer se kant toe om die doek vir Jeff te gee.  Dit was vir my baie oulik…

Nanindi wat die blommetjies water gee




Hier het sy die blommetjies begin pluk

Sy bring elke keer 'n blommetjie sodra sy dit gepluk het


Ta-Ta-Ta

Sy het hier self die foto geneem (die knoppie gedruk)

No comments:

Post a Comment