Wednesday, 1 August 2012

Nanindi se verjaarsdag beplanning

Naninde se verjaarsdag is om die draai en die groot beplanning vir die verjaarsdag partytjie is aan die gang.

Vandag het ek die verjaarsdag uitnodigings uitgestuur.  Ek het besluit op ‘n ballerina tema.  Hoop en glo alles werk uit soos ons beplan.  Ek het meeste net familie en 'n paar vriende genooi.  Volgende jaar sal dit net meeste maaitjies wees, wanneer Nanindi meer sal verstaan.

Ons het gevra dat almal 'n geldjie kan las sodat ons haar kamer kan oor doen.  Sy word nou te groot vir haar kot en kort nou 'n groot bed om lekker te kan slaap.



Monday, 23 July 2012

Ons eerste dokters afspraak

Vandag was ons eerste sonar by ons Dokter Dr. Seris.  Ek en Jeff was altwee baie opgewonde.  Alles lyk sover goed vir die dokter en hy sal die volgende keer kyk wanneer die babatjie bietjie groter is as hy enige iets verkeerd kan sien.  Die hartjie klop 167 keer per minute en is 33.9mm lank.  Dit wys ook dat ek 10 weke 2 dae swanger is.  My verwagte datum is 13/02/2013.  Dit was weer amazing om die hart kloppie te hoor en het sommer trane in my oë gesit.   Dit is ‘n lekker gevoel om weer swanger te kan wees.  Ons volgende afspraak is 28/08/2012 kan nie wag nie.  Hier is ook die sonar foto’s wat ons kry, die dokter neem maar eintlik slegte foto’s meeste van die tyd.  Weet hier is peanut nog maar baie klein so hopelik sal ons beter foto’s kan kry wanneer die babatjie groter word.
Hoe ek voel:  Ek is ongelooflik baie moeg en die naarheid is nogals erg.  Ek het glad nie met Nanindi morning sickness gehad nie so ek dink hierdie keer sal ek dit seker dubbel so erg kry, hahaha.  My borste is natuurlik ook baie seer maar verder voel ek maar nog baie normaal.  Al wat ek weet diep binne my is daar baie aktiwiteite wat binne my gebeur en die babatjie groei met ‘n spoed.  Jeff help my baie uit met Nanindi en die dae wat ek regtig baie moeg is laat hy my vroeër in die bed klim en hy sal vir Nanindi in die bed kry. Hy help ook baie uit in die huis wat ek ongelooflik baie waardeur. 


Monday, 18 June 2012

Goeie nuus....!!!

Ons het gister ‘n swangerskap toetsie gevat en die stokkie het positief gewys.  Dit was bietjie van ‘n skok want dit was nie beplan nie en ek het dit verseker nie verwag nie. 

Maar ek is ongelooflik bly en so bly dat Nanindi kry ‘n boetie of sussie.  Ek het vir bloed toetse gegaan vandag en dit wys dat ek is nou so 5 weke swanger. 

Ons was nie seker wanneer die regte tyd sal wees om nog 'n kind te hê nie .  Maar voel nou dat dit is die Here wat my gebede vir my beandwoord het, ek het hom gevra wanneer die regte tyd is en nou is ons swanger.  Die Here het ons geseën met nog 'n kind.

Dankie Here

Sunday, 17 June 2012

HAPPY FATHER'S DAY

A Dad is a person
Who is loving and kind,
And often he knows
What you have on your mind.
He’s someone who listens,
A dad can be one
Of you very best friends!
He’s proud of your triumphs,
But when things go wrong,
A dad can be patient
And helpful and strong
In all that you do,
Ad dad’s love plays a part.
There’s always a place for him
Deep in your heart.
And each year that passes,
You’re even more glad,
More grateful and proud
Just to call him your dad!
Thank you, Dad…
For listening and caring,
For giving and sharing,
But, especially, for just being you!
Happy Father’s day Dad and Jeff
You are the best

Sunday, 10 June 2012

Geluk met jou verjaarsdag


My liewe groot sussa, jy is die beste wat daar is en wonderlik in alles
Ek bewonder jou en kyk op na jou elke dag.
Jy sal altyd wys hoeveel jy omgee, van jou hart wat gevul is met liefde
Jy is ‘n pragtige engel gestuur van die hemel daarbo
Ek is die gelukkigste sus in die wêreld, om saam jou groot te geword het.
Ons gespeel en gelag het en pret saam gehad het.
‘n Groot band wat altyd getrou sal bly.
Jy sal altyd in my hart en gedagtes wees.
En stuur altyd vir jou ‘n soentjie en drukkies
Jy is my wêreld en ek is so lief vir jou, vir altyd en ewig.  Jou klein sus

Gelukkige verjaarsdag


Wednesday, 30 May 2012

Nanindi se kunswerk

Ek het gister 'n klom van Nanindi se kunswerk gekry by die skool.  Dink om dit bietjie met julle almal te deel.  Sy het ook gister gedink dat dit oulik is om op die kombuis kaste te teken...








Thursday, 24 May 2012

Geluk met jou verjaarsdag...

A sister is someone who loves you from the heart,
No matter how much you argue you cannot be drawn apart.
She is a joy that cannot be taken away,
Once she enters your life, she is there to stay.

A friend who helps you through difficult times,
Her comforting words are worth much more than dimes.
A partner who fills your life with laughs and smile,
These memories last for miles and miles.

When she is by your side, the world is filled with life,
When she is not around, your days are full of strife.
A sister is a blessing, who fills your heart with love,
She flies with you in life with the beauty of a dove.

A companion to whom you can express your feelings,
She doesn’t let you get bored at family dealings.
Whether you are having your ups or downs,
She always helps you with a smile and never frowns.

With a sister you cannot have a grudge,
She is as sweet as chocolate and as smooth as fudge.
Having a sister is not just a trend,
It is knowing you can always turn to her, your best friend.

Baie geluk met jou verjaarsdag sussa.  BAIE, BAIE lief vir jou