Monday 18 June 2012

Goeie nuus....!!!

Ons het gister ‘n swangerskap toetsie gevat en die stokkie het positief gewys.  Dit was bietjie van ‘n skok want dit was nie beplan nie en ek het dit verseker nie verwag nie. 

Maar ek is ongelooflik bly en so bly dat Nanindi kry ‘n boetie of sussie.  Ek het vir bloed toetse gegaan vandag en dit wys dat ek is nou so 5 weke swanger. 

Ons was nie seker wanneer die regte tyd sal wees om nog 'n kind te hê nie .  Maar voel nou dat dit is die Here wat my gebede vir my beandwoord het, ek het hom gevra wanneer die regte tyd is en nou is ons swanger.  Die Here het ons geseën met nog 'n kind.

Dankie Here

No comments:

Post a Comment