Monday 9 April 2012

Paasfees

Ek het ‘n heerlike dag beplan saam my susters.  Behalwe Shareen want sy spandeer ‘n heerlike tyd in die Kaap.  Kan nie wag om te sien wat hulle alles gedoen het nie en moet sê ek was maar baie jaloers.   Maar het ook ons tyd by die huis saam geniet.
Ek het dit ongelooflik baie geniet om tyd saam hulle te spandeur.
Ek het ‘n skate jag vir Nanindi beplan wat sy nog nie so lekker verstaan het nie maar vreeslik baie geniet het om al die eiertjies op te tel.  Toe sy die groot hasie sien was sy eers bietjie bang om dit te kry tussen die plante, maar sy het dit toe uit gehaal en die oulikste glimlag gegee.  Het ook dadelik die hasie se papiertjies af getrek en sy ore af gebyt.    Almal het ‘n paas eier gekry waar Nanindi ‘n paar van hulle ook beet gekry het.  En sy het dit so geniet
Ons is so geseënd om so ‘n wonderlike verhouding met mekaar te hê en ons susters is ongelooflik na aan mekaar.  Ek is dankbaar dat ek so wonderlike familie het en ook baie dankbaar dat ek ‘n gesin van my eie kan hê.  Hoop julle het ook julle paasfees geniet






My favorite foto

















No comments:

Post a Comment