Nanindi was siek en sy het lank siek gebly, ek het alles probeer om haar gesond te kry. Woensdag het sy wakker geword en mens kon sien sy is glad nie lekker nie. Gewoondlik wanneer Nanindi siek is, speel en lag sy nogsteeds. Maar hierdie dag was sy net nie lekker nie. Ons het haar maar skool toe gestuur en tanie Ina van die skool het my toe later gebel om te laat weet Nanindi is siek en sy het reeds haar oggend ete op gegooi. Ek het toe die dokter gebel om te ‘n dringende afspraak te maak maar eers ‘n afspraak 4 uur die middag gekry. Ek het toe huistoe gery om kos en doeke te gaan haal sodat ek haar weer terug kan werk toe bring en wag vir die tyd om verby te gaan om haar dokter toe te vat.
Toe ek by die skool kom het sy geslaap. Ek moes haar toe ongelukkig wakker maak sodat ons kan ry want ek was bang om te lank weg te bly van die werk af. Ons het by die werk gekom en sy wou net die hele tyd in my arms wees. Ek het haar toe weer aan die slaap gemaak en haar in Shareen se kantoor neer gaan lê, dit was 15 min toe gaan kyk ek as sy nog slaap toe sien ek sy sit regop. Toe ek by haar kom, toe begin sy weer opgooi. Ek het haar toe dadelik gevat vir Jeff gebel en gesê ons moet haar maar liewers hospitaal toe vat.
Ons het by Wilgers hospitaal gekom en toe na die Pediaters kantore toe gegaan om te hoor as hulle ons kan help want die ander dokters is te vol. Die dokter wat ons kon help, was ‘n ouerige oom en het haar toe ondersoek. Hy het gesê omdat sy so lank siek was en nie gesond word nie gaan hy haar liewers opneem. Hy neem haar toe op vir brongitis en braaking. Hulle het gesê hulle gaan bloed toetse ook doen.
En so die hele tyd bly Nanindi net op my skouer lê. My hart het gesak toe ek hoor hulle haar gaan opneem maar as dit die enigste manier is hoe sy gaan gesond word moet ons dit maar doen.
Ons is toe dadelik hospitaal toe sodat sy opgeneem kan word. Ons het gegaan sodat hulle extrale kan neem van haar longetjies om seker te maak alles daar is reg. Toe ons by die pediatriese saal gekom het ons ‘n rukkie gewag en toe het hulle haar kom haal om vir haar die drup in te sit en ook bloed te trek. Hulle het vir my gesê dat ek kan maar by haar bed wag. Hulle het vreeslik lank gevat om dit te doen so ek het gaan kyk waar hulle is. Ek het toe byte die deur gaan staan en gehoor hoe sy skree. Die een sister het my vertel dat hulle sukkel om ‘n aar te kry vir Nanindi want elke keer as hulle die naald insteek dan val die naald weg
Hulle het toe op die ou end die ICU sister gekry om hulle te kom help. Hulle het haar 4 keer gesteek met die naald, dit is hoekom sy so gehuil het. En ek was ook maar bly dat ek nie saam hulle daar was nie, want ek sal seker baie kwaad geraak het.
Nanindi het toe dadelik aan die slaap geraak toe hulle haar terug bring. Sy het vir so uur geslaap en toe sy daar wakker word was sy sommer dadelik beter. Ons kon ongelukkig nie ‘n privaat kamer kry nie want al die kamers was vol. So wanneer ons haar aan die slaap gekry het in die aande moes ons huistoe gaan en ek moes haar daar los, huil-huil. Ek kon in die oggende so vroeg as moontlik opgestaan sodat ek so vroeg as moontlik by haar kan kom. Sy was woensdag die 15de opgeneem en vrydag die 17de ontslaan. Hulle het haar medikasie huistoe gegee. Sy is al baie beter, maar nogsteeds koors en bietjie van ‘n hoes.Dit was my die slegste en hartseerste tyd in my lewe vandat Nanindi gebore was. Wil dit nooit weer deur gaan nie
Van die foto’s lyk bietjie sleg want ek het dit met my foon geneem en ons het ook die ligte af gesit as sy geslaap het.
Ons eerste dag |
Drup was gemaak aan haar arm sodat sy dit nie uit trek nie |
Loop bietjie in die hospitaal rond, om haar bietjie uit die kamer te kry |
Hier voel en lyk sy al baie beter |
Nanindi was die hele tyd in haar doek omdat sy koors gehad het Dit het gehelp dat sy nie te warn word nie |